Soos seker oral in sonnige SA is dit vrek koud hier in die Wes-Transvaal. Swaar geryp laasnag, die rypgevoelige plante lê plat en verlep. Oor die hele tuin hang die geur van die gekneusde knoffelblomme. Hierdie snerpende winterkoue is die natuur se proses van pasteurisering, al wat skadelike organisme is word uitgewis. Hopelik ook die bleddie spinnekoppe, veral daai een wat my gebyt het en sy vuige nageslag. Die Vinger is nou sonder pleister, maar nog taamlik geswel en onbuigbaar vanaf die tweede lit. So van die tweede lit gepraat, deur die hele vingerdrama loop die syfer 2 soos ‘n pad van verwoesting: die spinnekopbyt was aan die tweede lit van die tweede vinger, ek het twee keer by ongevalle hulp gesoek, ek moes twee operasies ondergaan, en die koste tot dusver is R22 000, 00. Ja swaer, dankie vir my mediese fonds.
Die Vinger laat my dink aan die storie van die Rus, Joerie, wat so lekker gesuip geraak het aan home brew vodka toe hy in sy buurdorpie, Krasjnapolsjki gekuier het saam met sy dorp, Russogworsjki, se sokkerondersteuners toe sy span daar aan ‘n kompetisie deelgeneem het. (Amper soos die World Cup hier by ons, net sonder die vuvus, en kleiner).
Een van die locals in die pub vra hoeveel seks organe het ‘n Russiese man. “Bolsjki!!” (Een), antwoord die drinkebroers.
“Njet!! Drishki!!” (Nee, drie!) roep die ou. “Dis sy russioworksi (Russies vir ‘n man se, vir sy, vir.. vir sy manlikheid, ek kon nog nooit daai woord in Afrikaans in print plaas nie), sy vinger en sy tong!” Die klomp gaan uitbundig aan die lag, gooi die glase vodka in hul kele af en slaan die leë bottels stukkend. (‘n Groot bewys van erkenning en bewondering in die Russiese kultuur vir ‘n goeie grap). Ou Joeri is erg aangegryp en besluit hy moet die grap vir die ouens by die werk vertel.
Die volgende dag gedurende lunch break maak hy die ouens bymekaar. “Hoeveel seksorgane het ‘n Russiese man” vra hy. “Bolsjki!!” antwoord hulle.
“Njet!! Drishki! Sy vinger, sy tong en, en, foksjki, nou het ek die derde een vergeet!”
nou’s die koue sommer weg!
:-))
LOL!!! Dit is ongelooflik koud hier by ons ook!!
Hallo Monica! Pure winter hierso.
Skerp Ghaap, baie skerp!!
hallo Berwick!
Hi Therina. death to all spider cups!
En soos die sonnetjie sak word dit al hoe kouer.
Hehehe. Hallo Lewies. Dis seker net twee in die winter?
In hierdie winter van vandag verseker so, Rooiwyn!
O moersjki
Haai Rosiedorinshkie!
Weggekrimp van die koue??:-)
hehehe! Closed for the season!
Mens vergeet alles wat mens lanklaas gebruik het.Net so af en toe lui daar ‘n klokkie verlangs.Lekker gelees, dankie!
die russe weet ook niks van boerewors nie.hoe gaan dit daar in potch met die spanjaarde – die trane vloei seker vanaand.’n pel van my is vir die volgende twee weke ‘n ‘air traffic controller’ daar by julle – hy laat die spanjaarde land en opstyg.
Soos hulle sê, use it or lose it!
nee Poppie, ek bly in Klerksdorp, buurdorp van Potch. Ons het verlede Sondag gaan kyk hoe lyk die Spanjoolse Potch, nogal mooi versier met die vlae en ander goete.
Nou watse gelollery is dit met die vingers? Jy kan darem seker in geen onduidelike terme jou ongeneentheid kommunikeer met so ‘n geskroefde middelvinger nie!
Bwhaaaaaa! Bly jou vinger is beter Lewies!
Onthou ek nou van so ander kroeg grappie. heheheEk dog die vinger was al skottelgoed oom!!!!!
Jurie Elsjki?
Haai Tweeling! Bietjie vir bietjie vorentoe!
Nee kyk nou Kerneels, ek mos nie so ‘n goeie verskoning ongedaan maak nie!
ha ha ha, “foksjki”!!!
Kan die vinger al tik…kan hy al sy vingertake al verrig
Hi Silly!
hy kan tik, Zeppie, mmm, en sommige van die vingertake doen hy piekfyn!