Vadersdag

Ons het vandag weer die gattepad gevat Kroonstad toe om die Klub Octogenario te treat. Daar is net twee oorlewendes, Skoonpa 89 en my tante aan moederskant, weliswaar op 78 nog nie volwaardig lid nie.Vroukie het ‘n  lekker roast gemaak met aartappels en wortels, terwyl die tante boontjies en stampkoring voorsien het. Vir Skoonpa het ons ‘n warm langbroek vir Vadersdag gegee en Neutragena naskeer, vir in geval die tantes van die ouetehuis kompleks waar hy bly, so skalkserig en onderlangs vir hom loer. 

 

Ek het ook ‘n draai gemaak by ‘n oom van my wat so ‘n tydjie gelede daar ingetrek het na ‘n reeks beroertes. Vir hom en sy vrou biltong en koekies gevat. Is maar fokken sad, maar die swart brak kry nie vanaand pisplek op my stoep hieroor nie. Ek konsentreer eerder daarop dat ek dalk iets kan doen om die oom se verblyf daar aangenamer te maak. Is net hy en sy vrou en haar suster, wat erg verstandelik gestrem is, g’n kind of kraai nie. G’n Vadersdag vir hom nie.

 

Terwyl ons daar is, bel die kiddies uit Kaapstad. Ai, hulle laat die outop sommer hartseer voel met hul mooi woorde van waardering. Kort daarna bel die kiddies uit Stanford, en Lewies se hart word week.Ek beloof sommer ons kom kuier in Augustus. Vroukie weet nog nie, maar dit sal nie veel verg om haar instemming te verkry nie.

 

So te midde van die lekker en die onlekker, kry ek darem iets om oor te smile. Ek het al vertel van Skoonpa en sy patente. Die nuutste is sy nuwe strategie om  miere te beveg. Oor die draadloos hoor hy van die prof wat ‘n konkoksie maak van Boraks en suikerstroop wat hy doen as lokaas uitsit. Die miere vat die glo nes toe en poef! daar vrek die hele leërskare. Hene Skoonpa, sê ek, dit klink vir my na ‘n kakstorie. (Uit respekte vir sy grysheid sê ek nie kak nie maar iets dergeliks). Is ‘n perfessor wat so sê, dan moet dit so wees. Ja Skoonpa, maar sê nou dis ‘n perfessor in musiek, hulle weet fokol (ek sê “niks”) van miere af nie. Maak nie saak nie, dis ‘n perfessor. Skoonpa skink ‘n paar druppels van die dodelike doepa op 5c munte wat hy dan op die hot spots sit. Hy gebruik die munte sodat hy later kan sien waar hy die trep gestel het. Slim né. Maar soos met elke weldeurdagte plan is daar ‘n kinkel in die kabel. Sy bure en vriende wat kom kuier tel die munte op. “Hene ou Felix, het jy nou so baie geld dat jy dit weggooi?”

 

Advertisements

16 thoughts on “Vadersdag”

  1. Ai Annemari, mens doen dit met liefde so lank jy kan. Wie weet of dit volgende jaar weer moontlik sal wees? dankie vir die gelukkige Vadersdag!

  2. Welkom tuis, DsP! Ek sit hier op die jop, nee, nie daai een nie!, en wil nie eintlik hier blog nie. Ek gaan vanaand kyk of jy ‘n paar vakansie-fotos geplaas het!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s