Saint Lewies

 

Nee, liewe land, so kan dit nie aangaan nie. Nooddruftiges se slegte omstandighede gryp my aan, en ek sê nie sommer nee vir ‘n bedelaar of iemand wat ‘n Rand of wat solisiteer nie. Wat is ‘n Rand of twee nou eintlik, in ag genome dat ‘n brood ten minste R5, 00 kos. En as ‘n bedelaar daai paar sente gebruik om hom in ‘n euforie in te suip, goed so, ek sou waarskynlik diesefde gedoen het om die haglikheid vir ‘n wyle te ontsnap. Maar fokkit! Staan hier op my voorkop “As jy geld wil hê, vra vir my” ? soos op ‘n twyfelagtige geldmaakskema badgie?

Waarom, juis vandag, het een ou my drie keer lastig geval, nadat ek hom reeds die eerste keer een van die drie tot paydag toe oorblywende R20 note in my beursie gegee het. Het hy x-straalvisie, het hy die ander twee ook gesien en begeer?

En waarom, juis vandag, het die verflenterde en waarskynlik ietwat versteurde ou man in die township een van die ander note by my afgebedel?

En waarom het Christine, wat gereeld op ons voorstoep kom staan, juis vandag haar opwagting gemaak om die laaste noot (en negosie uit die kombuis), hare te maak?

Fokkit, genoeg is nou te veel. 

 

Ek het darem eenkeer pret gehad met ‘n sukkelbergie daar in Houtbaai. Is lank terug, die laaste verkiesing waaraan wyle NP deelgeneem het. Ons was op pad na Vroukie se familie in Parow en het gou by ‘n bottelstoor gestop vir ‘n paar bottel wyn. Die bergie het sy laaste sente bymekaar gemaak en ‘n liter papsak gekoop, so ‘n geel onaptytlike brousel, vir vyf Rand. Toe gee ek die ou tien Rand en sê hy moet maar nog ietsie koop, more is nog ver. Hy was stomverbaas dat ‘n larnie hom eintlik aanmoedig om die voggies te gebruik. “Dankie my larnie, dankie seur!” Toe ek uitstap herwin hy sy bekkigheid. “My larnie” roep hy agter my aan “Ek het vandag vir die Netionel Paartie gestem!”

 

‘n Ander storie wat ek nou onthou oor die volkies en die voggies is van die swerwer wat van plaas na plaas drentel en sy verskyning teen uitvaltyd maak nes die werkers hul beker wyn vir die dag kry, so in die tradisie van die ou dae se dopstelsel. Een van die jong boere het begin vies raak vir die ongenooide gas en toe die ou weer daar opdaag, skink die boer ongesiens sy beker vol asyn. Hy slaat dit weg, trek ‘n suur gesig, korrel so skeel-skeel na die boer toe en sê vir hom “Julle moet hierie wyn drink, hy gaan suur worre!”

 

31 thoughts on “Saint Lewies”

  1. Annerhelfte glo vas daar is een of ander magnetiese krag tussen hom en die sukkelaars van die lewe. Hy kan ook nie nee sê nie. Ek probeer maar altyd om oogkontak met hulle te vermy

  2. Hi Therina, mens moet help waar jy kan, maar soms kan jy rerig nie meer nie.Die copy en paste is nou ok, so met die Control funksie, maar kyk hoe oulik is my font grootte, sommer ottermaties deur Lettertrash gedoen!

  3. weet jy Flenters, ek wil haar nie daai moeite aandoen nie, ek stuur liewer my kliënte vir haar!(Ek onthou van die vriendin hier neffens ons, ek hoop Mev Flenters bring vir haar en haar familie bemoediging.)

  4. Mens se lewe is so uitsigloos as jy van ander se goeie guns afhanklik is om van dag tot dag te oorlewe.

  5. Hi Maryke! Ek is seker jy ken die ou in ons dorp wat so loop en penne verkoop, en kar aerosols, ID covers en lisensieskyfhouers. By hook or by crook weet hy nou waar my kantoor is. Arrogante laspos.

  6. Herder, daai mannetjie gaan nou klou soos ‘n neet! Ek het eendag vir hom gesê hy moet eerder bic penne verkoop want daai almanak penne van hom is k@k! Hy was nie beindruk met my nie 🙂

  7. LMGA! Lewies jou vertelling is altyd blerrie goed. Knyp maar jou beurs toe jong en vee daai skrywe op jou voorkop af!

  8. Stilekke het ook hieroor geskryf… Ek voel net dat daar nou te veel mense is wat te veel van my wil hê… Boemelaars, karwagte… Ek kan net nie meer byhou nie en dus gee ek nou net as die Here in my hartjie spreek…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s