‘n Vrydag vol satisfaksie

Ek het ‘n redelik onmerkwaardige week agter die rug, afgesluit met ‘n werkswinkel oor die nuwe dissiplinêre prosedure wat 1 Julie hier by ons inskop.  So teen middagete het ek myselwers skaars gemaak juis toe afwesigheid van die werk sonder toestemming en drostery op die agenda was en eers saam met Vroukie, wat amptelike vergunning had om die middag af te neem, ‘n geroosterde broodjie by die Spur gaan eet, en daarna saam met haar deur die winkels geflenter. Nie veel om oor te berig nie, maar ‘n aangename Vrydagmiddag verwyl. Natuurlik ‘n bottel OBS gekoop as teenvoeter vir die koue, kombers in ‘n bottel as’t ware. O ja, en die operators het gepay! 

 

Ek wou fotos plaas van Kara en Mia, ons oudste kleinkinders. Mia verjaar vandag, 5 jaar oud, en ousus Kara het 11 Junie verjaar, 7 jaar oud. Die browse opsie in die Insert Image se vensterjie het egter verdwyn, en ek weet nie van ‘n ander manier om dit te doen nie. Dus vertel ek maar hierdie grappie, so in die gees van my vorige inskrywing.

 

Kort na die Tweede Wêreldoorlog gaan die Boer London toe vir sake. Daar sien hy ‘n bedelaar op ‘n sypaadjie sit. Die ou lyk sleg, hy het nie bene nie, sy een arm is af, sy gesig is vol littekens, ‘n swart klap oor die een oog. Hy dra ‘n uniform van die Britse weermag, nogal met ‘n paar medaljes, ‘n ster van hier en ‘n ster van daar, die queen se dit en die queen se dat. ‘n Veteraan soldaat, terug van die slagveld waar hy vir Great Britain teen die Duitsers geveg het. Die Boer gaan staan voor die ou en bekyk hom aandagtig. Dan sit hy ‘n pond in die ou se bedelblikkie en stap aan. Hy steek vas, draai om en kom terug. Hy bekyk die bedelaar weer aandagtig, gee hom nog ‘n pond en stap voort, net om weer om te draai en die episode te herhaal. Die Engelsman is nou nuuskierig oor die Boer se vreemde optrede en sê “I appreciate your contributions Sir, but why do you look at me like that before you give me some money?”

 

“Well” sê die Boer, “you are the first Englishman that I have seen who’s been fucked up totally to my satisfaction” 


Advertisements

23 thoughts on “‘n Vrydag vol satisfaksie”

  1. Lees tans ‘n boek wat afspeel in die vroeë 1800’s toe die Iere so deurgeloop het.My bloed borrel dan sommer vanself.

  2. Hallo Janneman! Wat ‘n aangename verrassing! Ek gaan nou eers loer of jy iets gepleeg het daar op jou werf!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s