‘n Sonskyndag in die Wes-Transvaal

 

 

Vanoggend sê Vroukie ons eet net ‘n broodjie vir brekfis, dan stiek sy my later vir koek en tee by die kwekery.

 

“Hoekom juis by die kwekery?” wonder ek. “Dis waar ons laas die kak diens gekry het”

 

“Dit was net die een keer, Lewies. Ek wil ook ‘n paar plantjies koop vir die potte waar die ander doodgeryp het”

 

Aaah, ek het listigheid vermoed!!

 

“En wie gaan dit plant? Jy weet my vinger…”

 

“Fok Lewies, dis nou tyd dat jy daai vinger uit jou gat trek!”

 

“Sjoe Vroukie!! Ok, ok, ek sal sien hoe Die Vinger hom gedra”

 

Vroukie antwoord nie, maar haar kyk spreek in tale.

 

Dit was toe wortelkoek en mokka koffie, so in die sonnetjie daar tussen die plante en die sement boemelaars en hondjies en skilpaaie en spinnekoppe.  Lekker, en net een bakkie gesiggies. Ja nee, Die Vinger sal dit kan baas raak.

 

So met die uitstap sien ons vir Flip, die baas van die kwekery. Hy kyk agterdogtig op toe ons groet. Sy besnorde bo-lip lig in snou soos ‘n mannetjieskat wat ‘n bronstige wyfie gewaar. 

 

Dis ‘n wonderlike wintersdag hier in die Wes-Transvaal. Selfs ou Flip is in ‘n goeie bui.


28 thoughts on “‘n Sonskyndag in die Wes-Transvaal”

  1. Ek het al my plantjies maar is op soek na die regte pot vir hulle. Donderdag na Musica besoek gou by kwekery aan maar die potte wat in my smaak val kom met ‘n duidelike eitiket – soek nog

  2. Sewe sakke sout, Maankind!Die vinger is so te sê te ok, nog ietwat rooi en geswel, en styf, kan nie heeltemal buig nie.

  3. As dit is hoe Flip lyk as hy in ‘n goeie bui is dan sidder ek vir die dag as hy bedonnerd raak!:-)

  4. Dis nou die ding van katwees, hy sit of lê in die son en almal sê “Ag hoe oulik” As dit nou ek is sê Vroukie “Roer jou gat!”

  5. Dis lekker om so saam met die kleinkinders iets te doen. Ek is bly SBol is aktief en fisiek besig.

  6. Ek kan nie wag om te begin plant nie. Maar die seer van als wat doodgeryp het, moet eers verby gaan.

Leave a reply to pasella Cancel reply