Eish Lewies, dink voor jy praat!

Vanoggend gaan ek en Vroukie, amper as per usual, dorp se kant toe. Daar is heelwat aankope wat gedoen moet word, nog ‘n laaste dit en dat vir die kiddies, ‘n geskenk vir Skoonpa wat Maandag sy nege en tagtigste verjaardag vier, iets vir ‘n vriendin wat Woensdag verjaar (fokkit, hoekom verjaar so baie mense in Augustus? Was dit lentebelustigheid?) en ‘n geskenk vir onse dogter wat op 8 Augustus verjaar. (Oeps! Maak of ek nie gepraat het nie! Lentebelustigheid inderdaad ja, seker iets in die lug, styfmeel dalk?)

 

Eerste stop is by die slaghuis, Vroukie wil ‘n roast koop vir more, ons gaan mos Kroonstad toe waar Skoonpa in die ouetehuis bly. Dis nog vroegerig, maar Kurt Darren beveel reeds die kaptein om sy seile te span, teen vuvuzela desibels. Die slagter, Jose, (Jose? ‘n Portugees wat ‘n slaghuis bedryf?) staan nader met ‘n uitgestrekte hand, bloederig en mincerig. Nee fok Jose, ek soengroet jou liewer!

 

Toe mall toe, maar eers brekfis, sommer Wimpy. Lekker koffie mos, en wie kan nou spek en eier en toast opfok? Wimpy kan. Kak diens. Hoekom vra jy, nadat ek al gatvol gewag is vir ‘n kelnerin, hoe die eier moet wees, en ons nog joke oor turned over en sunny side up, en jy bring die bleddie dish met die eier wat nie turned over is soos ek gevra nie? Ok, dis nie ‘n trainsmash nie, maar hoekom vat dit nog fokken tien minute om die bleddie eier te turn over?

 

Ok. Nou gaat ons CNA toe.  Lekker boeke gekoop vir die kiddies: Wat doen Pappa, Oempa Kadoempa en nog iets vreemds. (Jissie, gaan lekker wees om die goete vir die kiddies te lees!)

 

Nou Woolies toe. Vroukie se jean se zip is gestrip en sy wil nie adverteer nie. Tyd vir ‘n nuwe een.

 

“Watter size Vroukie? Dan help ek soek.”

 

“Nommer twaalf, dis my size”

 

“Twaalf? Kan nie wees nie. My size is 34. Joune moet so 36, 38 wees. “Skies Vroukie? Kan nie hoor nie, wat sê jy? Ok , size 12. Is nie nodig om te sê “Fok” nie , Vroukie. Kyk hier is mooi jeans. Kyk net hulle sê “ Magic tummy support: Lose inches instantly” Kyk bietjie rond, dalk is daar jeans vir Magic bum support, jy weet mos, daar waar die dif begin dik raak! Ha ha ha ! “

 

“Jinne Vroukie, sjuuut jong , die mense kyk vir ons! Die mense se moer? Jy skuld hulle niks nie?”

 

Ai Vroukie, ek wou maar net help jong!

 

 

 

Advertisements

Kaapse draai

Die teerling is gewerp, die koeël is deur die kerk: Woensdag 4 Augustus val ons in die lang pad Kaap toe. Eers Parklands waar Mira en Liam aan die groter word is, en dan oor die naweek Stanford toe, waar Kara en Mia op Oupa Lewies wag. Die groot lekkerte is dat die Parklanders saam Stanford toe gaan en dat die ganske Lewies-nageslag onder een dak saam sal wees. Pure plesierigheid. Nou is dit eers al die goetertjies en hoetertjies ex Crazy Store vir die kleintjies verpak, al die kleertjies waaroor Oupa en Ouma ge-oe en ge-aah het en met geduldige plestiekkaarte gekwansel het, al die boeke wat met ‘n kleinkind in die arm gelees moet word, al die DVD’s wat  geleen en gekloon is, al die eendag reëndag besig bly krale en gom en kryt en verf, al die “laat my aan Santjies dink” presente wat vir die Stanford -ma se verjaardag  gekoop is, al daai dinge en dan nog die gewone Groot Trek se klere, kort en lig vir sonskyn dae, warm en lank vir in case, die voorgeskrewe medikamente om die mankemente van Vader Tyd te beveg, en al die ander vir in case, Immodium in case van spuitpoep, Anthisan in case van goggabyte ( en sê nou dis ‘n vknkop?!), ‘n salfie in case van dit en ‘n pilletjie in case van dat (en ‘n Viagra in case van ‘n gelukkie!)

 

Tydens die voorbereidings vir ‘n vorige kuier daar besluit ek dat ek en Skoonseun nie onderbroeke deel nie–ek moet myne duidelik merk sodat dit nie in die was deurmekaar raak nie. Die vinnigste en mees praktiese manier waaraan ek kon dink is om ‘n skeut Jik op die onderbroek te gooi, dan bleik hy so effe en siedaar, Lewies se onderbroek onbetwisbaar duidelik soos daglig! Een drag maak mag!

 

“Lewies, wat op aarde vang jy aan?”

 

“Nee jissie Vroukie, as ons daar by die kinders kuier weet ek nooit watter van die onderbroeke op die wasgoeddraad is myne en watter is Skoonseun s’n nie. Nou bleik ek dit effe met Jik en weet die met die kol op die hol is myne. Slim né!”

 

” Jinne Lewies, daai skoonseun van jou dra moes nie onderbroeke nie! En met daai Jik plan van jou is dit nie ‘n kol op die hol nie maar ‘n gat op die gat! “

 

“Wragtag né! So ‘n klein bliksem! As ek dit geweet het het ek nooit my konsente gegee nie! My arme dogter!”

 

Ja, oor die gat op die gat, ek bevind my in die geselskap van manne wie se gate al die front page gehaal het, of wat sê ek, ET en Joost?

De nomenclatura et lapso Freudii

Ek het al verskeie kere vertel van Vroukie wat op onaardige tye haar werk ter wille na Aapstad (City of Tshwane) moet gaan. More is dit my beurt, vergesel van drie chick kollegas, twee Leghorns en ‘n Australorp. Die geleentheid is die bywoning van ‘n seminaar, genadiglik die keer suiwer oor my professie, geen urelange gebeusel oor die way fowhid nie. En die venue is in Proesstraat! (Sies Andries Hendrik Pretorius, is dit al waaraan julle mense gedink het!) en nee, dis nie waar oorle Lolly se Teazers klub is nie!

Nou los ek vir Vroukie alleen op die Sabbat, darem is die hondgetroue Pamela hier om soos Odusseus se brak haar ounooi op te pas.

Aaah Vroukie, ek gaan jou mis, maar die wedersiens is altyd baaaie lekker!!

Van spys en drank en wat daarop volg.

“Jinne Vroukie! Wat gaat aan hier in die kombuis? Lyk my jy kook uit die boeke uit! ”

“Vanaand gaan ek vir ons lekker kos maak, Lewies. Kyk daar in die kas, daar is ‘n bottel ordentlike wyn, skink vir ons ‘n glasie.”

“Nou wat is die okkasie? Dis Vrydagaand, ons eet mos sommer gewoonlik iets wat nie skottelgoed baar nie. Verjaar iemand?” (O fok verjaar sy? Januarie, Februarie, Maart, nee, dis nou Julie, dis nie sy nie. Verligting.)

“Nee Lewies, ek wil net vir jou dankie sê vir al jou besorgdheid toe ek siek was. Ek was nie van veel hulp in die huis nie, en jy het my so mooi gehelp”

Ek stoot my bors (bors?!) so effe uit en trek my broek op.

“Aaah, dis so sweet van jou. Noudat jy weer bruikbaar is kan jy nie dalk aan nog ‘n manier dink om dankie te sê nie?”

Sy kon.

En sy het.

(Dankie Roosmaryn vir “bruikbaar”)

Soos ‘n vis in die water

...wel, amper. Dis nou die stand van Vroukie se gesondheid na die bronchitis en hospitaalverblyf. Sy is Saterdag ontslaan en het weer vandag gaan werk, ietwat braaf, dink ek, maar nou ja, sy sê sy is ok.

Baie dankie aan almal wat haar ‘n gou gesond word toegewens het, en ook vir die raad en raat wat aangebied is. Die lynolie ding vir hoes het sy jarre terug probeer op aanbeveling van haar baas. Nou as jy dit drink, kan jy nie waag om te hoes nie. Die derms is seepglad geghries, van die slukderm tot by die nersderm, en wat jy eet hol uitbundig en sonder brieke deur jou kanaal, soos ‘n baksteenlorrie teen ‘n afdraand as sy brieke feil. Kakspul.

Un Poco se raat van die turksvystroop bêre ek so in die randgeheue vir moontlike latere gebruik.

Op ‘n ander trant, van die os op die jas en van die tepel op die tiet. Ek kry glad nie meer fotos geplaas nie. Daar in die Insert venstertjie ontbreek die browse opsie. Is daar ‘n ander manier om dit te doen?

Hospitaaltyd

Vroukie is gister in die hospitaal opgeneem. Die gehoesery het al erger geword, kortisoon en antibiotika ten spyt. Gister sê die dokter dis nou sulke tyd, help nou nie hulle poer-poer nog langer met pille en stropies nie–dis nou tyd om die grofgeskut in te span, antibiotka binne-aars toegedien en twee keer per dag fisioperkussie. Sjym, daar laat ek haar agter in die saal regoor die een waar ek die vingerepisode gehad het, so tussen drie ander vroue wat self nie waffers is nie. Voel of ek haar verraai. Gisteraand vat ek toe as troos, meer vir myself, tydskrifte en biltong en vrugtesap. Nie blomme nie. Daarvoor sal ek sorg as sy weer huis toe kom. Ek sal ook die skottelgoed was en Pamela die werfhond se hare op die woonkamermat stofsuig. Ek sal ook die rondlê boeke en klere en skoene en rekeninge bymekaar maak en netjies verpak. Ek sal ook die kombuislig waaroor sy so lank al kla vervang en die druppende kraan in die badkamer regmaak.  Ek sal al hierdie dinge doen, en nog ander ook, as Vroukie net gou kan huis toe kom. Sjit, die huis is leeg en stil, selfs al blêr die musiek en al blaf Pamela vir die hadedas. En die katelkooi is groot en koud en onplesierig as ek so alleen daar in klim.  En dis koud en miserabel in die oggend as moet opstaan en vir my alleen koffie maak. En ‘n sjerriekie so skuins voor ses in die aand smaak maar laf sonder haar geselskap.

Ai, ek dink ek het deur die jare begin geheg raak aan haar.

In ‘n ander katelkooi

Hier in die Lewieshuishouding is die rustige gang van sake versteur. Vroukie het uitgetrek. Sy bevind haar tans in die arms van ene Laringitis. Hy het haar uit ons slaapkamer ontfutsel, haar tuisgemaak in die spaarkamer, daar waar haar nagtelike gehoes die uwe se onbetroubare slaappatrone nie verder onder druk sal plaas nie. Aanvanklik het ek in ydele ligsinnigheid gedink: Aaah, rust en vree! Nou kan ek my backside aan die saligheid oorgee. Rugby, sokker, Tour de France, Miskruiers van Afrika, Multiple fuck up on the Interstate 52, al hierdie prima TV kykgenot is myne om ongestoord te geniet. Helaas. Ek mis haar. Ek bekommer my oor die rou gehoes, die skor, krapperige stem, die skottelgoed wat ophoop.

 

Word gou gesond Vroukie, die katelkooi is koud sonder jou!