Gister in die groen posbus met die nommer 19 op lê ‘n dik koevert, amper so dik soos die Noord-Wes telefoongids. Ek skeur dit met beklemming oop. Wie stuur ongevraag so ‘n intimiderende posstuk na my adres? Dit blyk toe ‘n eise -opsomming van die mediese fonds te wees. Op die stadium is die skade aan Die Vinger R24 931, 00. Dankie tog vir Keyhealth, al teem en teef ek soms so lustig oor wat ek as burokratiese stront aan die fonds se kant beskou. As dit nie vir mediese versekering was wat my toegelaat het om na ‘n dokter van my keuse en ‘n privaat hospitaal te gaan nie, was ek nou minus die r wysvinger, daarvan is ek oortuig.
Die Vinger is ampertjies ok, nog effe geswel en styf, die vel mooi pienk en glad soos ‘n baba se boud.
Wat my laat dink, sal die prosedure dan nie ook suksesvol wees om die gelaat te vernuwe met blinknuwe, plooilose vel nie? En die styfheid van die vinger, mmm… kan mos werk vir Daai Probleem! Viagra se moer, hier kom Arachnida!
(‘n Pel van my sê Viagra is net vir kruipende insekte!)
Pragtig lewies. Jan Nel Blog is ‘n kenner van Viagra. Dalk kan hy help met jou innovasie.
he-he, die vraag is wie gaan volunteer as proef-konyn
Miskien is dit die redding van die renoster!
Amper maar nie stamper! Wie nie waag nie sal nie wen nie!
Dit lyk my dis die eerste struikelblok in hierdie geldmaakoperasie! Ek sal adverteer in die smalls onder Adult Entertainment!
Oor mediese kostes hou ek ook deesdae my bekkie toe
Hi Rosiedoring, soms voel ek soos ‘n melkkoei, almal trek aan ‘n speen. Gaan jydr toe stuur hy jou patoloog toe, of spesialis toe , of vir x-strale. Lyk my hulle was almal Class of ’65!
Hey Annemari, skryf ‘n boek daaroor!! Ek sal die grisly detail verskaf, dan verpak jy dit!
Ja, daai mispersepsies oor die rhino horn.
Elke hond kry sy dag nê lewies :-)))
As jy jou gesig die spinnekopbytding laat doen, laat weet of dit werk.Stel regtig belang..
Jong Lou, hier op my dae is dit nie die plooierige gesig wat pla nie!
En ‘n brakhond kry twee!
Chicken!!
Hi Therina, op my ouderdom pla die plooie nie meer nie, ek lyk klaar soos ‘n ou shemmie.
Mens kan nie sonder ‘n mediese fonds klaarkom nie. Ek byt ook maar op my tande en betaal die buitensporige premie….
mmm, het ook nie vir my gehelp nie!
Hi Thomas, en as mens aan aftrede dink en finansiering daarvan uit eie sak raak die prentjie skrikwekkend. Aangename Sondag vir jou en jou mense!
Hoop hy het ‘n geld terugwaarborg.
Mens kan amper nie glo dis so duur nie – en sommer so tjoef tjaf – issie geld weg!
Soos wat die water uit ‘n wasbak loop as jy die prop uittrek.
Sjoe dis baie geld. Ek sal maar my vingers uit alle insekte se bekke hou.
lewies jammer om te hoor dat jy nou op jou’vinger’ moet staatmaak – o well, thanx for small mercies “nog effe geswel en styf, die vel mooi pienk en glad “
Kill’em before they multiply!
‘n Freudiaanse moment!
Genoeg om ‘n plaas mee te koop!
Myse blindederm ops was R26 000…ook te danke aan Keyhealth.
Goodness! Myne is nog intacta, sal die mediese fonds bydraes moet byhou!
LOL Lewies lekker giggel ek vir jou!
Hallo Tweeling, ja jong, so gaan ons lag-lag deur die lewe!
Herder, lag ek nou so hard dat die bure wonder wat my besiel!