Hier in die Lewieshuishouding is die rustige gang van sake versteur. Vroukie het uitgetrek. Sy bevind haar tans in die arms van ene Laringitis. Hy het haar uit ons slaapkamer ontfutsel, haar tuisgemaak in die spaarkamer, daar waar haar nagtelike gehoes die uwe se onbetroubare slaappatrone nie verder onder druk sal plaas nie. Aanvanklik het ek in ydele ligsinnigheid gedink: Aaah, rust en vree! Nou kan ek my backside aan die saligheid oorgee. Rugby, sokker, Tour de France, Miskruiers van Afrika, Multiple fuck up on the Interstate 52, al hierdie prima TV kykgenot is myne om ongestoord te geniet. Helaas. Ek mis haar. Ek bekommer my oor die rou gehoes, die skor, krapperige stem, die skottelgoed wat ophoop.
Word gou gesond Vroukie, die katelkooi is koud sonder jou!
HAHA Absence makes the heart grow fonder….
Dis net jy Lewies. So bedagsaam om bekommerd te wees oor al die goedjies … en veral die skottelgoedjies wat ophoop LOL!!Ek hoop jou vroukie word sommer vinnig, vinnig beter Lewies. Het jy al ietsie soos ‘n pamperlang spyskaart vir haar opgestel?
Pragtig lewies. Mens se beter helftes is tog so kosbaar, en as hulle fragile raak is die gemis soveel groter.
Ag ek hoop sy kom gou reg. Want as dit langer vat as wat daar skottelgoed is, sal jy óf moet begin was, óf nog koop…:-)
Lewies, neem haar dokter toe dat sy antibiotika inspuitings kan kry. Die pille wat mens sluk help nie, ek het dit die begin van die winter beleef. Ek is ook amper uit die katelkooi gesmyt.Groetnis en sterkte.Danie
Bietjie olyfolie laat hulle sagter hoes. Dan kan mens die kommentaar hoor.
Annerhelfte bestoom my met bloekomolie en het vir my ‘n bottel pholtex forte gaan koop om so ‘n goeie nagrus te verseker Blaf blaf blaf
Ek blaf nou al solid vir 4 weke, selfs na dubbeldosis anti biotika. Oompie biotika sal dalk werk
Ja nee, jy weetnie wat jy het totdat jy dit verloor nie!
Pamperlang spyskaart…klink na ‘n goeie gedagte.
Net so Ouboet!
êrens sal ‘n begin gemaak moet word!
Ek kan ook by die SPCA gaan huur Henry!
Lyk my die kwaal bly met mens vir die hele winter, Rosiedoring.
Hallo Danie, dis nou al antibiotika en kortisoon, een vir bakterieë en een vir virusse.
Daai olyfolie maak dat jy nie kan hoes nie, jy moet konsentreer om suidwaarts toe te knyp!
Dis die waarheid, onderbeklemtoon maar tog die heilge waarheid, ons is geheg aan mekaar!
Blaf blaf blaf, so siek soos ‘n hond!
Kan my shares net goed doen Maankind!
Jy hoef net te worry as dit té lank stil is.
Ja – as jy twee kry, en jy noem die een seep, en die ander water, dan kan jy se dis so skoon soos seep en water dit kan kry!
Sy is net so handig met die nommer twee koekroller!
naand ou vrind …..
Die koue van die afgelope dag of twee help nie juis vir ‘n spoedige herstel nie.
Jy meen doodstil?
Ek het mos belowe toentertyd, in sickness and in health!
Jinne Pruim, hoe laat jy my skrik! Ek gaan nou eers daar na jou toe.
Net so.
Maak darem so ‘n draai so af en toe en groet haar darem net daar…
Hallo Zeppie!