Hospitaaltyd

Vroukie is gister in die hospitaal opgeneem. Die gehoesery het al erger geword, kortisoon en antibiotika ten spyt. Gister sê die dokter dis nou sulke tyd, help nou nie hulle poer-poer nog langer met pille en stropies nie–dis nou tyd om die grofgeskut in te span, antibiotka binne-aars toegedien en twee keer per dag fisioperkussie. Sjym, daar laat ek haar agter in die saal regoor die een waar ek die vingerepisode gehad het, so tussen drie ander vroue wat self nie waffers is nie. Voel of ek haar verraai. Gisteraand vat ek toe as troos, meer vir myself, tydskrifte en biltong en vrugtesap. Nie blomme nie. Daarvoor sal ek sorg as sy weer huis toe kom. Ek sal ook die skottelgoed was en Pamela die werfhond se hare op die woonkamermat stofsuig. Ek sal ook die rondlê boeke en klere en skoene en rekeninge bymekaar maak en netjies verpak. Ek sal ook die kombuislig waaroor sy so lank al kla vervang en die druppende kraan in die badkamer regmaak.  Ek sal al hierdie dinge doen, en nog ander ook, as Vroukie net gou kan huis toe kom. Sjit, die huis is leeg en stil, selfs al blêr die musiek en al blaf Pamela vir die hadedas. En die katelkooi is groot en koud en onplesierig as ek so alleen daar in klim.  En dis koud en miserabel in die oggend as moet opstaan en vir my alleen koffie maak. En ‘n sjerriekie so skuins voor ses in die aand smaak maar laf sonder haar geselskap.

Ai, ek dink ek het deur die jare begin geheg raak aan haar.

16 thoughts on “Hospitaaltyd”

  1. Beter dat mammie nou die beste behandelig kry. Sterkte lewies. Sluip maar die sjerriekie in en drink hom saam met haar in die hospitaal.

  2. Daai katelkooi voel eintlik nat van die koudgeid. ;0Dis ‘n taai ding wat hierdie winter rondloop. Datum wat hy my betrek het : 11Junie en kry ook al kortisoonbehandeling , dit verminder net die blaf.

  3. Dis reg so, nou sal jy rondtrippel en haar meer waardeer, tot sy tuis is….ek weet Hartman is ook “af” as ek nie tuis is nie (se die kinders)Hoop sy herstel vinnig en volkome.Kuier maar intussen hier by ons.

  4. Gou ‘n grappie vir jouSo, I lost the pub quiz last night by 1 point.The last question was “Where do women have the curliest hair?”…..apparently the correct answer is Fiji

  5. Sorrie om te hoor. Dis ‘n tawwe griep hierdie jaar. Hy los jou nie maklik nie. Amper soos ‘n getroue vrou.

  6. Hallo Lewies, Ek is nou so jammer ek het nie vroeër hier kom inloer nie. Ek het ook anderjaar so gehoesery gehad wat net nie wou luister vir Antibiotika nie en iemand gee my toe die raad wat WERK! Jy kry ‘n turksvyblaar in die hande. Sny die in kleinerige blokkies en kook dit vir sy halfuur in ‘n pot met water wat die blaar net-net dek. Jy kan dit langer ook kook as jy wil. Dan gooi jy daai water af in ‘n maatbeker en oor in ‘n bruikbare houer, sodat jy daarvan kan drink. Jy neem dan so drie tot vier keer per dag ‘n teelepel vol. Ek het dit twee dae gedrink en die hoes het opgeklaar. Sê asseblief sterkte vir Mev. en beste wense en mag sy sommer gou gesond huistoe kom.

  7. Baie dankie aan almal wat kommentaar gelewer het op hierdie inskrywing vir goeie wense vir beterskap en ook vir raad/raat.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s