...wel, amper. Dis nou die stand van Vroukie se gesondheid na die bronchitis en hospitaalverblyf. Sy is Saterdag ontslaan en het weer vandag gaan werk, ietwat braaf, dink ek, maar nou ja, sy sê sy is ok.
Baie dankie aan almal wat haar ‘n gou gesond word toegewens het, en ook vir die raad en raat wat aangebied is. Die lynolie ding vir hoes het sy jarre terug probeer op aanbeveling van haar baas. Nou as jy dit drink, kan jy nie waag om te hoes nie. Die derms is seepglad geghries, van die slukderm tot by die nersderm, en wat jy eet hol uitbundig en sonder brieke deur jou kanaal, soos ‘n baksteenlorrie teen ‘n afdraand as sy brieke feil. Kakspul.
Un Poco se raat van die turksvystroop bêre ek so in die randgeheue vir moontlike latere gebruik.
Op ‘n ander trant, van die os op die jas en van die tepel op die tiet. Ek kry glad nie meer fotos geplaas nie. Daar in die Insert venstertjie ontbreek die browse opsie. Is daar ‘n ander manier om dit te doen?
Dit weet ek nie.Ek het gister foto’s geplaas…dalk is daar sedert toe nou ‘n vaaakuppie.
Ek sukkel met spasiëring.
bly alles is weer terug na carrywaterchopwood
Vaakkuppie inderdaad!
Nog ‘n smash van Lettertrash!
Dis hoe dit moet werk ja, maar nie meer nie.
hallo Flenters–sommige van die rate kort voorwaar eers ‘n proefkonyn!
Thanks Therina, Dinge hier in onse huishouding is voorlopig terug na normaal.
Ek sal hom traai, Maankind. Ek voel so effe verneuk as ek nie kan fotos plaas nie.
hehehe, back in the saddle again, oustryk!
Bly om te hoor vroukie is weer bruikbaar 🙂
Bly sy is OK!
mooi man, beterskap
Bruikbaar! Ja nee, inderdaad!
Dankie Thomas!
Algaande al beter Pruim.
So Vroukie brand nou weer wit….(sorry Lewies)Bly om te hoor sy is weer op en gesond.
Jy moenie die spot dryf met siekte nie!