Kaapse draai

Die teerling is gewerp, die koeël is deur die kerk: Woensdag 4 Augustus val ons in die lang pad Kaap toe. Eers Parklands waar Mira en Liam aan die groter word is, en dan oor die naweek Stanford toe, waar Kara en Mia op Oupa Lewies wag. Die groot lekkerte is dat die Parklanders saam Stanford toe gaan en dat die ganske Lewies-nageslag onder een dak saam sal wees. Pure plesierigheid. Nou is dit eers al die goetertjies en hoetertjies ex Crazy Store vir die kleintjies verpak, al die kleertjies waaroor Oupa en Ouma ge-oe en ge-aah het en met geduldige plestiekkaarte gekwansel het, al die boeke wat met ‘n kleinkind in die arm gelees moet word, al die DVD’s wat  geleen en gekloon is, al die eendag reëndag besig bly krale en gom en kryt en verf, al die “laat my aan Santjies dink” presente wat vir die Stanford -ma se verjaardag  gekoop is, al daai dinge en dan nog die gewone Groot Trek se klere, kort en lig vir sonskyn dae, warm en lank vir in case, die voorgeskrewe medikamente om die mankemente van Vader Tyd te beveg, en al die ander vir in case, Immodium in case van spuitpoep, Anthisan in case van goggabyte ( en sê nou dis ‘n vknkop?!), ‘n salfie in case van dit en ‘n pilletjie in case van dat (en ‘n Viagra in case van ‘n gelukkie!)

 

Tydens die voorbereidings vir ‘n vorige kuier daar besluit ek dat ek en Skoonseun nie onderbroeke deel nie–ek moet myne duidelik merk sodat dit nie in die was deurmekaar raak nie. Die vinnigste en mees praktiese manier waaraan ek kon dink is om ‘n skeut Jik op die onderbroek te gooi, dan bleik hy so effe en siedaar, Lewies se onderbroek onbetwisbaar duidelik soos daglig! Een drag maak mag!

 

“Lewies, wat op aarde vang jy aan?”

 

“Nee jissie Vroukie, as ons daar by die kinders kuier weet ek nooit watter van die onderbroeke op die wasgoeddraad is myne en watter is Skoonseun s’n nie. Nou bleik ek dit effe met Jik en weet die met die kol op die hol is myne. Slim né!”

 

” Jinne Lewies, daai skoonseun van jou dra moes nie onderbroeke nie! En met daai Jik plan van jou is dit nie ‘n kol op die hol nie maar ‘n gat op die gat! “

 

“Wragtag né! So ‘n klein bliksem! As ek dit geweet het het ek nooit my konsente gegee nie! My arme dogter!”

 

Ja, oor die gat op die gat, ek bevind my in die geselskap van manne wie se gate al die front page gehaal het, of wat sê ek, ET en Joost?

26 thoughts on “Kaapse draai”

  1. Ek kan nie wag dat Ezra ophou kou en proe aan sy presente nie!Geniet die trippie en die inpak en die groot bederf en neem ekstra plestiek kaarte saam vir in case…

  2. Die uitsien en die voorbereiding is klaar ‘n lekker deel van die kuier. Geniet dit. (Ek sal uittjek vir rooi crocs in Hermanus!)

  3. Geniet die vakansie, gebruik die v-pilletjie en jaag in die middel van die nag na Hermanus se noodapteek toe vir nog voorraad.xR

  4. as jy in MY Kaap kom Lewies, waai die wes-Kaap berge soentjies van my af, en vertel hulle die kind van Montagu verlang vokkin erg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s