Om te bieg of nie

Nee, ek gaan nie bieg nie. Ek gaan nie weer die allerverleenthede van die verlede uitgrou nie, laat Blommetjie maar vrot in die sloot.


Kan jy glo, die uwe is vanaand weer van sy gade verlate, in diens van hoër gesag sit sy weer in Pretoria. Toe maak ek kerrie en rys, en de kerrie smaak so kak soos kerrie en rys op ‘n Dopperbasaar. (“Skies susters.) Ek kort ‘n resep, of ander kerrie. Pamela die werfhond het ‘n homp topside mince as troos vir haar ounooi se afwesigheid gekry, ek gaan maar ‘n bottelkie rooies oopmaak, nie klaarmaak nie, more moet ek Mmabatho toe, en met al die klonkies en donkies wat daar by Rooigrond oor die pad flenter  moet ‘n mens oplet loop. Ek geniet nogal die ryery as ek alleen is, maar more het ek ‘n passassier. Hy laaik sokker en ek laaik rugby. Ek het nie lus om small talk te maak nie. Hoop maar hy dop om en dommel in.

 


Advertisements

29 thoughts on “Om te bieg of nie”

  1. Waai tog maar vir al die klonkies en donkies daar by Rooigrond, dis waar ek grootgeword het. Hoor noudiedag oor die draadloos die onderwyser wat vir my pa en vir my skool gehou het lewe nog – nou al oor die 90. Iewers in Pta in ‘n ouetehuis. Ek was jarre laas daar – laat weet tog of dit nog steeds so droog is daar!

  2. Hi daar. sterkte en veilig ry more. Jy gaan seker Lichtenburg om ry Mmabatho toe? Kyk uit hulle werk nog stees aan die pad. Was laasweek daar hulle maak alweer van 1 pad 2 paaie en die pad is ongelyk, en verder hou maar by die spoedgrense veral die gedeelte wat se 80, hulle het my nou die dag daar gevang en ek het maar 100 gery – die aanwysings is nie so lekker nie!

  3. sklielik kom ‘n ou song by my op, weet nie of jy dit ken: die jong wat die koei oppas, hy trap die askoek vas………dis nou blommetjie se skuld

  4. Ons is nie gemaak vir alleen-wees nie. Geliefde was verlede week vir vier dae in daardie Petoorsdorp. En dit was aaklig. Groete vir die mense van Potch. Daar is nogal ‘n paar wat ek goed ken, onder andere prof Francois Venter by regte.

  5. Small talk put mens uit. Ek geniet ook ‘n alleenryery, want dan kan ek my musiek en my musiek alleen, KLIPhard luister. Geniet intussen die bottelkie rooies wat jy nie gaan klaarmaak nie.

  6. Middag Lewies. Partykeer as mens so rondry is jou gedagtes so op sy eie darrem ook ‘n lekker ding, so bietjie perspektief op jou eie. Maar so lekker as jy terugkom an jou anderhelfte wag jou in, met ‘n lekker bordjie kos of wat se ek nou. Lekker aand!

  7. Ek kan alleen wees, Kobus, maar ek kan nie sonder Vroukie wees nie. Ek bly in Klerksdorp, so 50 km van Potch, toe ek my blogprofiel saamgestel het het die keuselys nie Klerksdorp as opsie gehad nie.Prof Francois Venter is welbekend in die geweste.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s