Bemoerd…


 

Hoogs bemoerd, verby kookpunt bemoerd. Dis nou ek. Ek het gister vertel van Vroukie wat in opdrag van Hoër Gesag vandag ‘n vergadering in Pretoria moes bywoon. Goed en gaaf, mens se werk verwag so af en toe sulke opofferinge en mens val in daarby, bietjie knorrig en onwillig maar darem. Soos ek vroeër vertel het was ek vandag in Mmabatho. Op pad terug bel Vroukie. Daar is vir Vrydag nog ‘n vergadering in Pretoria belê wat sy moet bywoon. Toe sy nou aan Hoër Gesag beduie dat sy vandag, Woensdag, terugkeer huis toe en dan weer Donderdag moet Pretoria toe om 9:00 by die vergadering te wees, so half in die hoop dat sy kwytgeskeld gaan word van bywoning, sê Hoër Gesag gul en begrypend, hy verstaan, hy verstaan, moenie worry nie, bly nou sommer vanaand (Woensdagaand) oor en dan kan jy more in die hoofkantoor werk, jy het mos jou lab top hier. Ja nee, sy het haar “lab ‘top. Nou ja, in plaas van een nag se oorslaap is dit nou drie.

 

“Vroukie, maar jy het mos nie klere vir drie dae ingepak nie”

 

“Ek het ‘n ekstra pantie ingepak, vir in case

 

“Maar dis drie dae”

 

“Wel, die derde dag trek ek nie een aan nie. Dis hulle verdiende loon!”

 

Ai, my Vroukie, altyd die rebel, altyd reg vir protes! Lydende verset!

 

Nou ja, hier sit die uwe. Hoogs bemoerd. Maar om te moermoereer sal nie help nie. Aanvaar die situasie, dis ‘n voldonge feit, fait accompli. Om te teem en teef help niks, Fokkol, met ‘n hoofletter.

 

Nou traai ek weer my slag in die kombuis, nie dat ek ‘n passie of afwyking het om vleis te verbrand nie maar om die tyd om te kry. Vannaand is ‘n Italiaanse gereg op die spyskaart, Pollo alla Turca. Hoender fillet met ‘n takkie of twee tiemie gebraai met uie en sampioene en opgedis met die oorskot van die yskas, aartappels en wortels. Smaak toe nie te vrot nie, nie blou lint nie maar darem. Gaan toe ook goed af met gisteraand se wynreste. Fokkit, hoekom is daar so ‘n holte in die wynbottel se boom? Baie misleidend. Dis omtrent die volume van ‘n geil glas. Jy dink die bottel is half vol dan is hy al die tyd half leeg.

 

Maar voor ek kon kosmaak moes ek eers skottelgoed was. Wie sou nou kon dink mens het dertien eetlepels nodig om gisteraand se kerrie en rys saam te slaan? Ek het nie eens geweet ons het soveel lepels nie. En die kastrol met die purple rinse? Ek dog gekookte aartappels vat langer as dit om te muf, sal my leer om die skottelgoed op te gaar.

 

Ai Vroukie, kom hys toe! 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Verskoon die tipografie, Letterdash is ook bemoerd!)

 

 

 

 

 

 

 

16 thoughts on “Bemoerd…”

  1. Ai tog. Eks bly ek kon help met die trippie Mafikeng toe – hulle kan nogal lekker verskuil daar sit, dis soos die spietkop oppad Wolmaranstad toe, hy sit in so dippie met ‘n seil oor sy kop, die siel is dieselfde kleur as die gras – gelukkig laaaankal my les op die pad geleer, ek ry niks meer as 120 nie, want glo my op 125 sal hulle my vang. Hulle kan lekker sly wees.

  2. Hoop jou moer sak gou weer. hoe langer in die eg gebind hoe erger raak dit om van mekaar af te wees nè.Flipit, “wag ek ry saam” tot as ek net gou brood gaan koop.

  3. Lewies, ek sien jy’t daar op Pruim van Letterdash se spaces gepraat. Ek het gister dieselfde ding gehad, maar toe gaan ek vanaf my eie blog Spaces toe en toe werk die ding. Die eerste keer het ek die link wat hulle vir my via epos gestuur het ingeplak en toe lyk die spulletjie ook sommer anders en werk nie so lekker nie.

  4. Is so Rosiedoring, ek raak sommer de vieste in vir die macho ouens wat sê hulle gaan nie saam winkel toe nie. Ek laaik dit, al voel ek later ek is nou opgekyk.

  5. Is seker maar daai Vals water se skuld, Murphy!Lewies kom op, staan met sy hande voor hom, tussen sy bene gevou, kop omlaag. Hy boor met sy grys Grasshopper in die grond: Dankie vir die sterretjies, Murphy, sê hy.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s