“Oupaa?”
“Ja Poplap, wat is dit?”
“Is Oupa lief vir my?”
“Natuurlik Kara! Jy is my sonskynkind. Kom sit hier by my”
“En is Oupa ook lief vir Mia?”
“Ja, ek is lief vir haar, sy is my sterligkind”
“En is Oupa lief vir Mira?”
“Ek is lief vir Mira Luna, sy is my maanligkind”
“En is Oupa lief vir Liam?”
“Ek is lief vir Liam, ja. Hy is my huppelkind”
“Oupaa?”
“Ja Liefie. Wat is dit?”
“Is Oupa ewe lief vir ons almal?”
“Ja Kara. Ek is baie lief vir julle elkeen, ek is nie liewer vir die een as vir die ander nie”
“Oupaa?”
“Ja Liefie?”
“Hoe kan Oupa vir ons almal lief wees?”
“’n Mens se hart het vier kamers. In my hart is daar ‘n kamer vir elkeen van julle”
“Oupaa?”
Ja Poplap?”
“En sê nou Mamma kry nog ‘n baba, sal Oupa vir haar ook lief wees?”
“Ek is seker ek sal. Sy sal my reënkind wees.”
“En sê nou Christo en Hanlie kry nog ‘n baba, sal Oupa ook vir hom lief wees?”
“Ek is seker ek sal. Hy sal my windekind wees”
“Oupaa?”
“Ja Poppie?”
“Maar dan is ons ses en Oupa se hart het net vier kamers”
“Uhuh. Ja’k. Uhuh”
“Hê Oupa?”
“Uhhmm. Kyk nê, hier is iets wat net Oupas kan doen. Oupas kan kamers aan hul harte aanbou vir nuwe babas in die familie.”
“Regtig Oupa?”
“Regtig, Karakie”
“Oupaa?”
“Ja Sonskynkind?”
“Ek is ook baie lief vir Oupa.”
dit het my nou laat smile
My hart hou dit nie!Dis so DIERBAAR.
Jy gaan uit spasie raak. 🙂
Party oupas is vernuftig met woorde!
‘n Hart soos ‘n minibus taxi – altyd plek vir nóg een …
Groete, Lewies.
🙂
Ja baie liefde om te gee…
Vinnig gedink daai man! Hierdie enetjie se kop issie plat nie!
Hello Pruim!
Jy weet mos!
Dis net oupas en oumas wat so kan kloek!
Dan bou ek ‘n dubbelverdiepieng!
Oupas moet flink dink om by te bly!
Nou ja, daar is mediese bevestiging!
Die ingewing van die oomblik, Annemari!
Ek dink daar is engeltjies om oupas met grasie uit benoude situasies te help!
Net so Vuurklip, al klim en klouter dit!
Hallo Berwick!
Hi Thomas!
Dis ‘n voorreg Zeppie.
Amper had sy haar oupa in ‘n hoek!
Híérie oupa kry jy nie vasgevra nie.
Dis nice as die goed jou so laat uithaal om voor te bly!
Serebrale sidesteps!
Hi Therina! GPS my asb na daai bestemming op bl4?
Hallo LLWD!