Lewies en Hair, beautiful hair.

 

 Bzzzzzz, Bzzzzzz.

 

“Eina fok, Vroukie!”

“Wassit nou Lewies?”

 

“Jy trek my hare. Jy weet, Mollie…”

 

“Jinne Lewies, hier is niks hare om te trek nie. En kry nou end met Mollie, sy is immers ‘n professionele haarkapster. Ek doen dit net om te help dat jy nie soos ‘n willewragtig lyk nie.”

 

Bzzzzz. Bzzzzz.

 

“Eina fok Vroukie!”

 

“Ag nee Lewies. Wassit nou ?”

 

“Jissie, jy ruk en pluk my oor die kant toe en daai kant toe!”

 

“Moet ek nou die hare hier in en op jou ore los?”

 

“Nee, maar wees bietjie meer sagkens. Jy weet, Mollie…”

 

BZZZZZZ BZZZZZ! BZZZZZ!!

 

“Lewies?”

 

“Ja Vroukie?”

 

“Wat tjaarts Mollie jou?”

 

“Jissie Vroukie, deesdae seker maklik R75, 00”

 

“Dis baie geld né”

 

“Jissie Vroukie. Dis ‘n handvol”

 

“Nou wat gaan jy my betaal?”

 

“Nou hoe meen Mevrou nou? Meen Mevrou in chink of in kind”

 

“Mmmm. Wat bied jy aan”

 

“Jissie Vroukie, Mollie druk nooit my kop so teen haar boesem aan nie!”

 

“Special services, Lewies. Wat betaal jy?”

 

Ja’k. So gaan die Sondag toe verby.

 

 

 

 

 

 

 

30 thoughts on “Lewies en Hair, beautiful hair.”

  1. Nog net 1X daai BZZZZ BZZZ masjien in my hande gahad, maar het met ‘n hap geëindig. Hier sê die manne ek is die enigste een waarvan hulle nog gehoor het wat ‘n hap met ‘n masjien kan knip

  2. Ai Maankind, hierie blerrie Lettertrash maak my kens, dit vat ure om tussen die blogs te navigeer. Ek het moed opgegee vir ‘n paar dae. Maar ignore, nooit as te nimmer!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s