Ek het die voertuig waarmee ek my tans begewe op 1 Oktober 1949 gekry. Ja nee, Vrydag sal hy een en sestig jaar oud wees!
Aan die begin het ek maar gesukkel om hom te manuvreer en het kort-kort in hindernisse vasbeweeg. Die kuns om betyds te swenk en te stop het ek eers later bemeester, danksy goeie onderrig.
So op die vooraand van Vrydag betrag ek my voertuig onemosioneel. Daar is ‘n paar stampplekke sigbaar, meesal waar mekkenieks hul werk gedoen het, hoofsaaklik om sonskade te herstel. As jong man het ek nie kon dink dat die son so skadelik kan wees nie, ek was heeltemal ongeërg daaroor. Daarby is die eens rooibruin vinieltop nou grootliks weggeslyt. Wat oor is daarvan is gryserig. Dit is nie ongewoon om die vinieltop te vervang met een van sintetiese viniel nie, maar dit staan my nie aan nie. Ek sal nou nie my voertuig probeer versier met nagemaakte viniel nie! Nee wat, dan kan ek maar netsowel ‘n plastiek lemoentjie aan my voertuig se arial sit! Ek hou nie van windgat nie, dus pryk daar geen bêdgies en bling aan my voertuig nie.
Deur die jare heen het daar nie veel verkeerd gegaan met my voertuig nie. Op ‘n stadium was die aanboord computer bietjie laf, maar ‘n mekkeniek het voorgestel dat ek gereeld ‘n brandstofbymiddel toedien, wat nogal help. Ek gooi ook maar ietsie by om die battery flink te hou en om te sorg dat die pype oop bly. Van my tydgenote moes al hul voertuie se batterykabels vervang.
My voertuig het nog nooit gerook nie, dus dink ek die vergasser is nog in goeie toestand. Ek het ook deur die jare geleer dat te veel bymiddels by die brandstof ‘n nadelige uitwerking kan hê, veral op die computer wat dan sukkel om sinvolle inligting te gee. Van die begin af was my voertuig se GPS egter nie lekker nie, skoon rigtingbedonnerd!
So op die oog af lyk hy darem nie te sleg nie. Danksy ‘n bietjie meer as ongereelde oefenritte steek hy nie sommer kop tussen die knieë by die aanskoue van ‘n steilte nie. Daar is ook geen strammigheid in die CV joints nie, die veerstelsel is ook redelik soepel.
‘n Paar jaar gelede was daar fout by die ekshos, maar ‘n goeie mekkeniek het dit gou reggestel. Ek dink egter die ekshos lol weer.
Nee wat, hierdie voertuig van my het my goed gedien deur die jare. Is nou seker nie queen of the parking lot nie, maar daar is darem wragtig groter skedonke op die pad.
Met al die jare agter die blad, kan ek egter nie help om soms te wonder nie–waar gaan my voertuig my eendag in die steek laat?
Gelukkige jaarwording! Sien maar min Classics soos jy op die pad.xR
By voorbaat geluk – en mooi ry!
jare se diens and still going strong!bly jy hou nie van die lemoentjie op die arial!
ons het nog iets in gemeen, altwee libras….Byvoorbaat baie geluk!Onthou nou net om by die rooi robotte te stop……
Vat vyf lewies. Gelukkig is quick starts nog volop.
lol goed geskryf!! Ek glo – praat mooi met jou mouter en behandel haar goed – en sy sal altyd daar wees vir jou!!
Hier moet man fyn lees! Uitstekend, Lewies! – of moet ek sê “Oom Lewies?” Hoe sou die bestuurder se venieltop mou lyk? En het die motor nie deur die jare so effe groter geword ook nie?
ekshos lol weer, gelukkig is dit ‘n kleinigheidjie. die waterpomp is ok en die vergasser sukkel nie bult op nie. die on board computer het nie n virus nie en dit klink darem of die seatcover nog snugly fit. nee wat, die veteraan van ‘n motor is in ‘n beter toestand as my oom se motor …
Ek het ‘n ’52 model!:-)
Nou maar lekker verjaar.
Ek is verlig om te hoor daar is nie ‘n lamoentjie oppie ariel nie…dit sou my nou helemal afgesit het! Baie geluk Lewies , and many many more!
Die beelde in my kop is aangenaam!”n plastiek lemoentjie aan my voertuig se arial sit’ Ha,ha Lewies! Baie geluk en mag hierdie 1949 model nog lank op die paaie sigbaar wees!
Ai ou Flenters, as ek maar Absolom se haredos had!
Dankie Roosmaryn!
Dankie Berwick!
Hi Rosiedoring!
Dankie Monica! Die stoppery is nie die probleem nie, dit lê by die wegtrek!
Dankie Ouboet!
Netso Katjie. Pas jou goed op!
Roep my liewers Lewies, dan voel ek weer sommer sestig! oor die tjoeps wat nou so bietjie baie stywer gepomp is sê ek maar niks!
Dankie Annemari! Ek het ook so betuig daar op jou werf.
Ai die waterpomp. Die kripvlieg is veilig!
Goeie raad! ja kyk nou né, die passassier is baie, baie belangrik!
Nog skaars ingeloop!
Dankie Pape!
Solank die arial werk hoef mens hom mos nie op te dollie nie!
Miskien eendag pryk daai wiele in ligte,regte egte ligte, nie hierie hierjy energy saver goete nie, dalk selfs op Huilgenoot se middelblad!
Dankie Tweeling!
Lekker! Moenie dink waar die kar jou gaan los nie. Dink liewer vir wie jy eendag die kar gaan los.
Jy is reg, Nika, mens moet verantwoordelikheid neem vir jou nalatenskap.
Dis reg, die kar is die liggaam wat die gees hier op die ondermaanse karwei.