Home alone again

Ek het die afgelope tyd met lui tred hier op die blogs gedwaal, koeitjies en kalfies en ditjies en datjies het my verlei. Boonop is ek weer home alone, met Vroukie wat die keer Johannesburg toe is vir die werk. Sy kom more terug, maar vat sowaar alweer Donderdag die pad Pretoria toe. Sy is saam met kollegas Jhb toe, wou nie op haar eie ry nie, die dat sy nou nie daarvandaan Pretoria toe gaan nie. So is sy darem ook Woensdagaand in onse katelkooi. Ai, ek mis haar. Die stilte is oorverdowend, die allenigheid erg. Selfs nie die twee vondelingbrakke Pamela en Chopper se geselskap troos nie. Die bottel Backsberg smaak kak. Die Witperd smaak kak.Die TV programme is kak. Santa Gamka wat ek nou aan die lees is, is kak. Al wat my opbeur is dat ons die naweek van 22 Oktober ‘n pasella kuier met die kiddies kry, iemand in die aangenaaide familie trou en ons is ook genooi, in die Drakensberge nogal. Onse swaer en skoonsuster, albei al bejaard en onkapabel om so ver alleen te bestuur, gaan saam met ons, hulle is die bruid se oupa en ouma. Nou wat kan lekkerder wees as om met die twee beach babes Kara en Mia daar in die berge te kuier. Holadrie hoe hoe!Holadrie ha ha!

 

Ek sien die Krismis goetertjies blink in Checkers. Een van die dae is dit weer Boney M en oorle Bing Crosby en Little Drummer Boy. Fok. 

 

26 thoughts on “Home alone again”

  1. ha ha ha…ek kon nie help om die liedjie te voltooi nie. Lekker GROOT lekker om na uit te sien….suffer maar solank in silence.

  2. Soos hulle in JHB se, nog net 74 shoplifting days until Xmas. xR(Kry solank ‘n boek van die rak en loer na my pos aangesien vroukie nie daar is nie)

  3. Hehehe! nee jong, ek is so bek-af my kulinêre avontuurlus is uitgeblus! Ek oorleef op Sondag se oorskiet hoenner!

  4. Ek sien die Krismis goetertjies blink in Checkers. Een van die dae is dit weer Boney M en oorle Bing Crosby en Little Drummer Boy. FokHahaha!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s