Roosmaryn se challenge

 

 

Ek speel graag saam met die Roosmaryn – oproep, die inleidende paragraaf van ‘n gunstelingboek. Hierdie boek het my op die punt van my stoel gehad, net jammer daar was net een bladsy. Die ander bandiete het die res van die boek gerook, onopgevoede wetters. Die dat ek vandag nog ‘n renons in rook het.

 

So het die boek begin:

 

Die ruiter teuel sy ryperd met ‘n ferm hand in. Die raafswart ros rank rysig, Rosinante van ouds, op sy agterpote. Klein klippertjies knetter onder sy hoewe. In die verte blits bliksemskigte bulderende blou-wit flitse. Samuel Slier sit fier op sy perd, kyk skreef-oog na die son wat felle strale stuur. ‘n Spiertjie in sy wang bokspring bronstig, maar Samuel se gedagtes is elders. Hy het so pas ‘n ontstellende boodskap ontvang, Charles MaCrae het nie sy les geleer nie, die lae uitvaagsel beplan opnuut onderduimshede om die Barbertonse goudgrawers koelbloediglik uit die arbeid van hul sweet en swaarkry te ontfutsel. Samuel se bloed nader kookpunt. Hy sal nie toelaat dat die renstou en sy onheilige gebroedsel in hul duiwelse planne slaag nie!

 

Hy kyk met erbarming na die vrou wat handewringend voor hom staan. Hy weet, die afskeid is swaar vir haar, maar hy het ‘n roeping, ‘n lotsbeskikking om bewaker van die swakkes en die onskuldiges te wees. Hy moet veg teen onheil en onderdrukking en uitbuiting!

 

Lana se hart krimp ineen soos ‘n meelsakpantie wat in boerseep gewas is. “Samuel” prewel sy saggies, “wat is dit?”

 

“Ek moet ry, Lana, daar is kak in die Laeveld en ek…

 

En op hierdie noot eindig die oorblywende bladsy.

 

33 thoughts on “Roosmaryn se challenge”

  1. Oom Lewies ;o)Dis baie skerp geskryf en die aliterasie is oorweldigend. Mar fokit ek is bly dis net daai een blaai en nie ‘n hele boekvol nie. Dit sou my vir altyd van lees afgeskrik het.

  2. Lewies, jy sal die ander blaaie van iewers af moet optower, en dit so stukkie stukkie vir ons voer op af dae…maar net ‘n bietjie op ‘n slag…vir lekker lag!!

  3. Hehehe…dit gaan BAIE ernstige rerige dinge vat om jou blus uit te kry…Adoons se kommentaar gee net weer nuwe vonke daar by jou vuur!

Leave a reply to katrina Cancel reply