Chopper

So lyk Chopper, die vondelingbrakkie wat so ‘n maand of wat gelede hier by ons ‘n hawe kom soek en gevind het. Hy had ‘n ontsteking in sy een oog en was maer en vuil. Na ‘n goeie skrop, Terra Cottril salf vir die oog  en voeding voorgeskryf deur ons on call veearts, is hy nou windgat kaatjie van die baan. Pamela, ons ander vondelinghond, ontgeld sy spelerige geniepsigheid behoorlik. Dis daai wit kwassie op sy stert wat hom sy naam gegee het. As hy stertswaai, flits die kwassie en die effek herinner mens nogal aan ‘n helikopter se flitsende rotorblaaie. Ons het nooit gedink ons sal eendag so ‘n kriekerige vlermuishond hê nie, maar nou is Chopper al so deel van ons huishouding dat ek rerig nie hoop sy oorspronklike baas kom vorendag nie.

 

Ons on call veearts is die staatsveearts wat so ‘n entjie laer af in die straat bly. Hy bedryf ook ‘n privaatpraktyk en is sover ek weet, die enigste veearts wat house calls maak, teen R70, 00!

43 thoughts on “Chopper”

  1. Ag te dierbaar, jy is gelukkig om so veearts te he, hier by ons in Komatipoort is die veearts meer met verlof en af naweek as enigiets anders en Nelspruit se veeartse is meer as 100km weg. Moes maandag my ou Boelie honne deur iemand laat doodskiet om hom te verlos van sy seer, aangesien “madame veearts” nie beskikbaar was nie…..

  2. abrham kriel vir pavement specials by mymerige lewies se plek in die verre weste van transvaal. dan het hy nog ‘n vet on call ook – gawe man die lewies wat soms mymer.

  3. Pragtige woefie en seker onder die vel al ingekruip nê. Julle is gelukkig met daardie vee-arts hier waar ons is kos ‘n besoek ‘n arm en ‘n been.

  4. ek sal graag wil weet hoe Pamela haar naam gekry het? sien die veearts mense ook? mense is ook mos soogdiere. dankie.

  5. Mooi lewies. Oujaar 2002 kom ‘n crackerverwarde with hondjie met ‘n soortgelyke lyf hier aangehardloop. Mammie troos hom en gee hom ‘n stuk wors. Spook is vandag nog deel van die gesin. Hy het net eenkeer vir ‘n maand lank gesulk toe mammie sy eiers laat uithaal het.

  6. ja sdie veeartse is duur deesdae. En as mens nou verantwoordelikheid vir ‘n dier geneem het moet jy maar betaal as dit nodig is.

  7. Dierbaar {-;Soek jy nie dalk nog ‘n vondeling nie? Ek het ‘n worshond … met ‘n skisofreniese persoonlikheid… *sug*

  8. Ekskuus ek kom nou hier halfpad in die gesprek aan. Oor wie se rondaaiery was Mammie bekommerd?O ja en jammer om te hoor van die eiers Ouboet.Jan stap weer aan…

Leave a reply to pasella Cancel reply