Kurkdroog geskop. Gisteraand was alles jollie patrollie, nog gewigtig in die hand, maar nou is daar niks. Op, heeltemal ge-op. Ek het hom so gekantel, saggies maar met gevoel, maar aikona, nie eens ‘n druppel nie. Toe probeer ek hom opblaas, soos ‘n balloen, maar geen resultaat nie, net my snor wat geniepsig vasgeknyp word. Toe haal ek die blink blaas uit, skud hom, eers liggies, dan al hoe wilder, maar verniet. Die doos is droog, leeg, dolleeg. Ai, ‘n doos rooiwyn is ook nie meer wat hy was nie.
Ai…
Ag jou stomme man Kan ek nie maar vir jou nog ‘n doos koop?
Jy sal NOOIT so-iets in my huis kry nie…ek lees die doos op gevoel en wanneer die tyd reg is, word dit betyds vervang….wel daar was enkele kere.Innige simpatie maatjie!
Darem jammer dat hoe joliger dit gaan hoe minder word die doos se gewig.
hehe net soos die eetkamer tafel twaalf voet was toe ons klein was 😉
Hi Berwick!
‘n Yslike teleurstelling!
Sal help Tina!
Soos die Boy Scouts sê: Be Prepared!
Moet een of ander van Newton se wette wees!
Soos ons ouer word, word ons wêreld kleiner!
Smartlik as mens se belustigheid vir ‘n proeseltjie wyn jou so ver dryf!
A friend in need!
En wat presies het jy gedog Therina? Dat ek Ghaap se blog geskaak het?!
And so the poor dog had none?:-)
Dis Vreeslik – alle goeie dinge kom tot ‘n einde – (“snik”)
Ha,ha Lewies klink of jy desperaat was vir ‘n slukkie!
Blaas hom op…dan druk jy hom en suig weer die dampe in…
Not even a single drop!
Skok en teleurstelling!
…en snel, Henry!
Dors is ‘n bliksem, Tweeling!
desperado!
Dis nou net met daai aksie wat die bleddie velvie my snor vasknyp!
Die goeie ou dae!Be prepared!
So leer mens!
hallo, het nou lekker gelag vir jou inskrywing en so ook die kommentare, hier is ietsie stouts,…my oudste se haltyd man hy is sommer ‘n halwe doos dan se ek sies Ous jy kan nie so se nie, dan sy se sy nee ma ‘n doos kan jy gebruik maar nie ‘n halwe een nie!lekker dag
hehehe, daar steek ‘n hele waarheid in !
Niks so erg as ‘n droë doos op ‘n Dinsdagaand nie! Okei, miskien ‘n droë doos op ‘n Vrydagaand!Dagsê Oom Leweies!
Lewies …….. dryg daai doos….. dryg hom!
Dagsê Jan, bly jy is terug!
Ek dryg hom droog Pruim!