Die spinnekop kom weer.

 

 

Vrydagmiddag. Dankie tog. Nog ‘n week nader aan aftrede. (Starag Lewies! Watter mylpaal kom na aftrede? Huis Awendgloor?)

 

Die beplanning vir volgende week lyk ok, al begin die week met ‘n Management Meeting om 8:00. Wat kriewel nou weer in Mme Montsenyuane se pentie? Dertien items op die agenda? En net een daarvan op my spesifiek van toepassing? As ek laaglê en niemand hinder nie gaan ek dalk ongemerk deur die ander twaalf. Lae profiel Lewies! Moet nie eens hoes nie!

 

Skielik. “ Ntate!!”

 

“Ja Daniël! O a batla?”

 

“ Dis Fiefie. ‘n Spinnekop het haar gebyt ! Sy lê daar in die staff room”

 

Daniël is die Occupational Health and Safety Representative.

 

Vrydagmiddag. Die First Aider is naweek af. Hierdie krisis is myne. Ok. Wees kalm. Daar is net vier soorte giftige spinnekoppe in Suid–Afrika. (Ek sal weet!) Vind dus die simptome uit en bepaal dan verdere optrede.

 

Fiefie, of te wel Refilwe, sit blekerig in die personeelkamer.

 

“Waar het die spinnekop jou gebyt, Fiefie?”

 

“Daar onder by Inhandiging, Ntate.” Fiefie praat flink Afrikaans. Sy was immers in Schoonspruit Hoërskool.

 

“Nee, Fiefie, ek meen waar op jou lyf. Waar is die bytplek”.

 

Sy trek haar bloes laer af, so ‘n show me your boobs bloes.

 

“Hierso Ntate”

 

Daniël buk belangstellend nader en vat met sy wysvinger aan die vermeende bytplek. Fiefie reageer heftig in Tswana en gee hom ‘n taai klap teen sy kop.

 

“Daniël”, sê ek, “ ek dink nie daai is ‘n spinnekopbyt nie.”

 

“Hoe het die spinnekop gelyk Fiefie?”

 

“Ek het hom nie gesien nie Ntate.”

 

“Nou hoe weet jy ‘n spinnekop het jou gebyt? Het jy gevoel toe iets jou byt?”

 

“Ek het niks gevoel nie, Ntate”

 

“Nou hoekom dink jy ‘n spinnekop het jou gebyt?”

 

“Ek het iets gevoel, Ntate.”

 

“Is dit seer?”

 

“Nee, Ntate”

 

“Voel jy duiselig ? “

 

“Nee Ntate”

 

“Haal jy swaar asem?”

 

“Nee Ntate”

 

“Dalk was dit net ‘n muggie of ‘n klein gogga wat jy op jou lyf gevoel het Fiefie. Maar moet dit ignoreer nie. Sit nog so ‘n rukkie hier en dan kom sê jy vir my hoe jy voel”

 

“Dankie Ntate. Ek voel al klaar beter.”

 

“Mooi so Fiefie. Ek dink jy is ok, maar drink eers ‘n bietjie water voordat jy teruggaan Inhandiging toe”

 

“Dankie Ntate”

 

“Ntate” Dis Daniël.

 

“Ja Daniël? Wat is dit?”

 

“Ntate moet die Pest Control kry”

 

“Hoekom Daniël?”

 

“Dinge raak nou gevaarlik hier. Die spinnekoppe byt die mense”

 

“Ok Daniël. Ek sal reël”

 

“Dankie Ntate”

 

Kom dag van aftrede. Kom spoedig.

 

 

 

 

Advertisements

21 thoughts on “Die spinnekop kom weer.”

  1. Ons leef te veel vir die toekoms – ons moet MOET probeer fokus op die NOU! Ek is ook elke week nader aan my aftrede…kan nie wag nie!Die lae profiel is ‘n goeie plan. Moet geen oogkontak maak nie, geen vrae vra nie.

  2. Die oogkontak vermyding, goei tip! En as mens moet praat volg die mushroom principle, feed’em horseshit and keep’em in the dark!

  3. Ek het begin blog net nadat jy deur spinnekop ‘aangeval’ is, en het altyd gewonder of jy weet watter soort dit was….en skielik kriewel alles aan my

  4. Hi Rosiedoring! Volgens alle aanduiding moes dit ‘n vioolspinnekop gewees het, een van twee soorte wie se byt weefselafsterwing tot gevolg het–die ander een word net in woestyngebiede aangetref.

  5. Ek weet mens moet die aftrede-besluit maar met omsigtigheid benader, maar party dae is die versoeking sterk om my baadjie en my lunch box te vat en pad te gee!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s