Gistermiddag karring ek in die voortuin. By die bure langsaan is Klein Bybie en haar ma Antie Bybie die res van die familie aan die groet. Hulle het elkeen ‘n groterige pakkie wat in geskenkpaier met ‘n babamotief toegedraai is. My Sherlock instink sê dus dat hulle op pad is na ‘n babatee.
Ant Bybie is uitgevat in ‘n broekpak van groen kosmosmateriaal met skakerings van oranje. Die broek het wye pype, maar hulle is volgestop. Ant Bybie is nie ‘n aansienlike vrou nie. Sy het ‘n kongenitale defek, ‘n kort rugvel. Dit veroorsaak dat haar mond ooprek as sy haar oe-ol toeknyp, en as sy haar mond toemaak, gaan die oe-ol oop. Aangesien die oe-ol gewoonlik net een of twee keer per dag oopgemaak word, loop sy dus amper heeldag met ‘n aggresiewe gryns op haar gesig, ‘n gryns wat nie juis getemper word deur haar lang tande nie.
Klein Bybie daarenteen het nie die defek nie. Om die waarheid te sê, sy het geen liggaamlike defek nie. Sy is gegiet in ‘n jean wat haar seksie rondings eer aandoen. Sy balanseer haar met die grasie van ‘n gimnas op haar rooi spykerhakskoene. ‘n Donkerbril met ‘n wit raam beskerm haar blou oë teen die fel son. Haar blonde hare tuimel mals en uitbundig oor haar skouers.
Nols, Klein Bybie se man en Oom Bertus, haar pa, staan ook daar rond vir die groetslag. Piston, hul seuntjie van so drie jaar, probeer klouplek aan sy ma se jean kry, maar die enigste vou in die jean is te hoog op vir hom om by te kom. Hy het ‘n t shirkie aan wat sê “Praat Afrikaans of hou jou bek” As hy my gewaar, steek hy ‘n swietgevlekte swart tong uit. Ek lig my middelvinger vir hom waarop hy sy ouma aan haar kosmosbroek gryp. Oom Bertus het haar egter intussen in ‘n omhelsing beet en hy soen haar lank en innig, so asof sy nou op ‘n reis na ‘n ver plek gaan en hy haar nie gou weer gaan sien nie. Hierdie oomblik van vertedering raak my diep, en die eeu-oue waarheid van die ding tussen ‘n man en ‘n vrou kom soos helder daglig by my op, die liefde is blind, hy is stokblind!
Ai Oom Lewies, jy kan darem ‘n ding beskryf!Nou sit ek in my enigheid en wonder. As dié vroumens nou gister rugby gekyk het en soos ons almal maar ons monde toegemaak het, was daar seker nog ‘n aaklige ‘klankie’ ook by die vertoning!
Dankie Lewies ek het lekker gelag.
ag, lewies, as liefde kon sien was daar maar bittermin huwelike wat nie gereël moes word nie
Grinnik… ek het dadelik na jou beskrywing Antie Bybie gaan kyk waar jy woon want ek is so bang ek het haar in die spieël gesien vanmore …Gelukkig het die Oom Lewies darem daagliks iets om na te kyk.
Dank vader die liefde is blind ander was ek ‘n raksitter 🙂
Foeitog {-;
Dalk het ant Bybie ander deugde wat die oog ontglip.
Whaaaaaaaaaaaaaaa Lewies baie goed geskryf!
hoe gannit?
Hi Jacvan! Was inderdaad ‘n genoeglike Sabbat!
Hi Elmi! Pure somer!
‘n Mens sê nie vir Antie Bybie “Hou jou bek nie!”
Net so Stilekke, verdra en verduur!
Hallo Raymond!
Is dit hoekom die gekafoefel meesal in die donker geskied? Wat so Ghaap hieroor sê?
En ek moet dit alleen opkyk Tina!
Hallo Kelly!
Hi Therina! Dankie, die dag was toe besonder aangenaam!
Nog nooit nie Maryke! Jy is ‘n chick met sjiek!
Oor Bybiekie kan ‘n man liries raak!
Ja, ag shame, die arme mens!
Sy het darem vir die skone Klein Bybie ontvang en gebaar!
Graphic Miesies, graphic!
Hi Tweeling!
Hoesit Pruim!
Dit wys jou, daar is tog ‘n “verborge” talent.
Hahahaha!Nes Lewies ‘n storie kan inkleur – helder en duidelik,
Hi Lou! Alles binne die lyne!
” en trou is die bril!”
ek het die prentjie van daai jean in my kopLOLLekker naweek Lewies
hehehe! 20/20 visie!
Baby makes her blue jeans talk!selle daai kant Zeppie.