Hier ter plaatse in die Lewieshuishouding is daar ‘n merkbare oplewing. Vermoedens van ‘n Kaapse inval is vandag bevestig, en daarmee saam ook gerugte dat versterkings ten noorde van die Hex ook te wagte is. Die Kaapse kiddies kom Krismis kuier (hmm, lekker alliterasie né, dui op ‘n klappertandlekkerkuier!) Bowenal maak Skoonseun die familietroepe bymekaar om saam te kuier. daar gaan so baie mense hier by ons wees Vroukie sal vir die eerste keer al die Royal erfstuk koppies kan gebruik, Royal Albert, Royal Doulton Royal Fokop, die hele lot. “Waar gaan almal slaap?”, wonder Vroukie wat floreer op ‘n logistieke uitdaging soos die. Die ouetehuis hier naby bedryf ‘n gastewoonstel teen billike tarief, die word bespreek. “Weet jy Vroukie, ek is seker baie van die inwoners sal vir die Kerstyd na hul kinders of familie gaan. Daar sal dus genoeg leë beddens wees. Ons moet plek in die afdeling vir verswakte bejaardes bespreek, dan word mens sommer goed geservice. Saans sorg hulle dat jy jou pilletjies kry en dat jy piepie en tandeborsel, en soggens kry jy safte kossies. Jy word gebad en…” “Lewies, jy praat nou kak. Help my liewer dink waar die mense hulle karre gaan bêre.”
Ai, ‘n lekker kuier lê voor, net jammer die Parklanders kan nie meemaak nie.
(So tussen hakies, is Letterdash onwel? Die lettergroote op my blog is groot genoeg vir ‘n blinde te lees.)
Julle beter julleself goed ingrawe in deeglike voorbereiding op die inval… {-;
oe, Lewies, dit gaan so lekker wees!Oupa kan op die stoep sit en kindersdophoudiensdoen, en as iets verkeerd gaan, blaas die fluitjie en al die mammies sal hol om te kom red.Maklik, sien jy?
Dis nou ‘n gawe plan …so kan julle ook sommer oefen vir die toekoms. Geniet dit.
klink na ‘n jollie patrollie wat daar op jou werf gaan plaasvind
Potch sal na dese nooit weer dieselfde wees nie. Jy sien seker baie uit!
Intensive Care kry ook heel ‘n ander betekenis as jy hom beetgehad het Oom Lewies!
Naand oudste …….
Ons doen! Soos in 1994 voor die verkiesing!
Ja sjym, die gaste voel altyd hulle moet skottelgoed was en slaai maak!
Hehehe! Goeie raad van ‘n professionele ouma!
Is alles orraait, maar ek kan nog nie gewend raak daaraan dat die nurste vir my sê “Oupatjie” nie!
So SARS kan soms tog ‘n sagte kant wys!Hier in ons geweste is daai magtige dreuning die geluid van ‘n V6 op ‘n Sondagagtermiddag!
Vir seker gaan ek dit doen, Faansie. Dis die hoogtepunt van die jaar vir my.
Ek sal julle ingelig hou oor die verwikkelinge, Rosiedoring, of dalk sal jy in die Huilgenoot daarvan lees!
Ek bly eintlik in Klerksdorp, neffens Potch, maar wat jy sê geld net so goed!
Nou sien jy Jan, mens moet net uit die boks uit dink!
En hoe gaan dit met jou, jongman? (Hehehehe!)
daai griep van die stok sal dalkies veroorsaak dat vroukie lewies gaan pos frail care toe