Verlede Saterdagaand toe ek die braaitjoppie die eerste byt gee, besluit die gekroonde voortand dis nou ‘n goeie tyd om in te konk. En daar sit ek soos ‘n arm bergie met ‘n halwe passion gap. Maandagoggend vroeg bel ek die tandarts vir ‘n noodafspraak, maar hy kan my eers Dinsdag help. Dis ok, dink ek , ek gaan Maandag na ‘n begrafnis toe en daar word mos nou nie juis gelag nie, dus sal die passion gap verborge bly tussen die snorbaarde.
Dinsdag lê ek magteloos op die tandarts se ondersoekstoel. ‘n Benoudheid neem pos van my, adrenalien begin pomp, veg of vlug. Nee wat lê stil en klem die stoel se rand vas, jy betaal mos om hier te wees. Dis so die derde of vierde keer wat ek die ou besoek, ons het so ‘n stille professionele manier met mekaar, vriendelik sonder om familiêr hand – om -die – blaas te wees, heel gemaklik. Sê hy toe die kroon het sy laaste dae beleef, hy kan bietjie noodhulp toepas maar dit gaan nie langer as twee, drie maande hou nie. Dan sal die tandwortel verwyder moet word en of ‘n plaatjie of ‘n inplantaat is die voorland. Goed en gaaf, my mediese fonds is vir die jaar afgestorwe, as die tand hou tot in die nuwe jaar is dit piekfyn.
“Nou sê my Dok,” wil ek weet voordat sy vingers weer in my mond vroetel, “hoe haal jy die tandwortel uit, daar is mos niks om met ‘n tang vas te vat nie?”
Sy verstommende antwoord is, (en nou is sy vingers weer in my mond) en daar is so ‘n neerbuigende stemtoon te bespeur, ” Oor die fynere tegniek van die prosedure hoef jy jou nie te bekommer nie”
Anvanklik weet ek nie of reg verstaan nie, Is dit die adrenalien wat my moer pomp of is ek oorsensitief. Ek lê daar met ‘n bek vol tanne en vingers, ek kan niks sê of vra nie. Maar hoe meer ek dink hoe meer strip ek. Fokkit, ek is die pasiënt, en geregtig daarop om te weet wat hy met my gaan doen en hoe hy dit gaan doen. Ek moet hom immers betaal vir die diens, en bleddie baie ook, vermoed ek.
Toe ek nou weer half duiselig orent is, groet ek. “Totsiens Dok” maar eintlik bedoel ek, “Vaarwel, Poephol”
(My blog lettergrootte is nog steeds yslik groot, ervaar julle ook die probleem? Dit maak dit moeilik om inskrywings te lees)
Die lettergrootte is net reg, lewies.Jy kan sommer self die kroon weer vasplak met superglue.; 0
Letters lyk reg op my skerm! druk control, rol die muiswieletjie en kyk of dit nie helpLike jou groetwoorde
hehehe… ook maar ‘n regte banggat
Ek het baie onlangs ook met daardie stille woorde uitgestap 😉
Djoe ek het lanklaas issit gehoor, nou is dit weer terug in my kop!
Hehehehehe ek kan jou laaaaaaaank besig hou met die storie van my voortand….en ek kan jou baaaaaaaie bang praat oor die uitboor (ja jy’t reg gelees) van daai wortel….Maar ek sal maar nie.
Ek was Dinsdag by die tandarts met ‘n seer tand, wat nou ‘n wortelkanaal-behandeling moet kry. Die ou stuur my toe net so huis toe tot dit ‘erger raak’, want hy’s baie besig die tyd van die jaar en ‘n tydelike stopsel sal nie die ding doen nie. Kan jy imagine hoe seer gaan ek he oor Kerstyd? Ek het sopas besluit sy poephol ook, en sy naweek-plasie op Vaalwater waaraan ek help betaal se moer.
haha. ek het ‘n goeie verhouding met my tandarts. ook nie hand om die blaas nie maar goed. ek het eendag vir hom gese ek is bang ek sluk my tong in. toe se hy dis onmoontlik. ‘n wereld het vir my oopgegaan. hy het ook ‘n donker sin vir humor waarvan ek hou. hy het my eenkeer ingespuit en gevra of ek iets gevoel het. toe seg ek nee. toe se hy dan sal hy weer moet spuit. hahaha. wil jy sy nommer he?
Ek is bang vir tandartse.Kyk onder regs op jou skerm – daar behoort so ‘n vergrootglasie te wees met ‘n + daarin en ‘n persentasie net langsaan. Deur op die vergrootglasie te kliek maak jy die image op die skerm groter of kleiner. Probeer dit.
mens kry Issit, met die klem op die Is, en dan ook iiZZIIIT/ Die een meer irriterend as die ander!
Maankind, Rosiedoring en Thomas het my raad gegee, With a little help from my friends né!
Partykeer voel mens om iemand behoorlik te groet, Rosiedoring!
Dankie Maankind, dit lyk my dis die triek daai!
Jis, mens voel maar ontwapen as jy in daai stoel lê.
Nou verstaan ek hoekom hy my nie die ins and outs wou vertel nie, eintlik ‘n bedagsame siel, die dokter!
Nou sien jy nou, dis nie ‘n lieg nie!
Hi Paljassie, gaaf om jou weer hier te sien! Ek bid maar dat die gebit moet hou!
Eish, ‘n bemoedigende klomp, julle bloggers!
Ek neem aan jy moes betaal vir daai professionele opinie.
Darem het hy ‘n sin vir humor, al is dit ook ‘n swart een!
‘n Noodsaaklike euwel, daai outjies!
‘n Liggeraakte outjie daai!(Die antwoord is vir Annemari bedoel, maar hy wil om die dood nie daar gaan staan nie)
Ha,ha Lewies so die dok het jou moer gepluk! Tenminste het ek nog ‘n ordentlike tandaarts.xxx
ooooooo die naald, die naald!
Ek het so rukkie terug ‘n tand moes laat trek. Was nogal verbasend pynloos. Maar ek het nagmerries gekry na die tyd. Die ding waarmee hy hom trek, het gelyk of hy al my los skroewe wil vasdraai. Gelukkig het hy my mond mooi dood gemaak voor die tyd. Nie soos die kwak wat destyds my ingroei toonnaels uitgesny het sonder om enige verdowing te gebruik nie. Ek kan tot vandag toe nog nie steak met ‘n mes sny sonder om terug te dink aan daai slag dag nie.
Seker nog van die goeie ou soort!
As ‘n so hulpeloos daar lê lyk daai naald soos ‘n jomper!
Tande en tone, waarskynlik die teerste uiteindes van die menslike liggaam!