So sit ek in mymering versonke, en veral 4 dinge verwonder ek my oor. Ek verstaan van die werking van die weë tussen ‘n man en ‘n vrou, en verstaan hoe ‘n akkedis teen ‘n rots kan uitklim. Ek verstaan selfs hoe die jam in die blik kom, maar wat ek nie verstaan nie, is:
Hoekom dink mense dis snaaks as iemand ‘n cheap Capey aksent swak naboots om iets te adverteer
Hoekom speel slaghuiseienaars Afrikaanse musiek kliphard om vleis te verkoop
Hoekom skroef die Ingelse maar die Boere spyker
Hoekom klink dit eners as ‘n Ingelse girlkie sê “No!” en ‘n Boeremeisie sê “Nou!” maar dit beteken heeltemal iets anders
O ja, ‘n vyfde raaisel, hoekom is die Kaapse draai so lank maar die fyndraai is so kort.
Tja, so sit ek maar en wonner.
ja swaer…. hoe langer jy ponder hoe meer gaan jy wonder
Die eenvoudige anntwoord op al die vrae is: omdat ons mense oor die algemeen so dom is. En ek is te dom om die laaste twee te te beantwoord …
…nou dat die tande en lyf gesond verklaar is, werk die brein oortyd… interessant
‘n ordintlike spyker het ‘n ordintlike hammer nodig
As ek dus skrou “No” moet ek seker maak dat almal kan hoor dat daar nie ‘n u agter aan is nie.
Hier by ons speel die slaghuise en bottelstore kliphard Afrikaanse musiek. n Mens sou kon aflei dat Afrikaners nou meer as ander nasies sou drink en braai. Selfs daai advertensie waar die tronkvoëls jou aanhits om meer te drink sodat jy daar by hulle in die tronk kan land. praat Afrikaans.Hel, daai laaste een met al sy tatoo’s en sy haasbek wat sê ” Kom, Baba wag vir jou”. Hy gaan laat baie Afrikaners nie meer n dop vat nie.As daai gedierte jou bespring en boor of spyker is jy dood, morsdood.
Daai een wat so bggggy op die advertensie het lekker reggekom….hartman het gese sy bgy nie rerig nie – ek kyk te min, maar iewers lui ‘n klokkie.Is jy al met vakansie dat jy so diep mymer, lewies?
Mense is basies baie onoorspronklik – as een ou iets doen en iemand dink dalk dis snaaks dan doen almal dit sonder dat hulle jou sal kan vertel hoekom:)
🙂
Nou, dis avltyd lekkerir my om jou mymeringe te lees!
Dis blykbaar die taktiek–as dit jou irriteer trek dit jou aandag.
Dis die heil’ge waarheid daai, Monica!
Daai laaste twee hou my ook aan die wonder!
My pilletjies is op, maar ek gaan darem volgende week die psiegie..die pissie.. die sielkundige sien!
Meesal vir myself, Maankind!
Nou slaat jy die spyker op sy kop! Spyker is wham bam, skroef meer tydsaam en geleidelik!
Vir seker so, Rosiedoring!
Ons Afrikaners word maar vlak gekyk, Ou Top.
Nog nie Lou, eers vanaf volgende week, dan is ons kinders hier. Ek kan nie wag nie.
hehehe, Faansie, nou raak my verwonderinge te veel!
Hallo Kroos, en lekker om oor na te dink!
So ‘n mental follow the leader effek.
Goeie more Thomas, lekker dag vir jou!
Jou pervert!! :-)!!
Net die Rosicrucians en die Vrymesselaars is ingelig daaroor!
Ek was so lanklaas op fyndraai, ek hoor hy is nou geteer.
Skroef is BAIE tydsaam. Mens moet eers kyk watse tipe skroef is dit, sodat die skroewedraaier se punt reg is. En dan moet mens hoop die skroewedraaier gly nie van die skroef af nie. Want dit maak mens so gefrustreerd dat mens op die ou end maar die hammer inspan en ‘n spyker gebruik.
Jy onthou baie goed vir iemand wat so lanklaas op die fyndraai was!
Hallo Therina! Lekekr Sondag ook aan daai kant.
Nice pos die een!
dankie Henry! lekker Sondag vir jou, of wat oor is daarvan!
Selfs die geheimenisse wat jy ken, is vir my onbekend
Mens raak net ingewy deur intense mymering!