Tafel vir Twee

“Tafel vir twee?”

“Ja, asseblief”

“Binne of buite?”

“Buite asseblief”

“Jammer, al die tafels buite is beset”

“Nou dan binne, asseblief”

“Daar is nie meer tweesitplek tafels beskikbaar nie, hulle is almal vol”

“Nou dan vier, solank ons nie hoef te deel nie”

“Volg my asseblief”

“Dankie”

“Die kelner sal nou by u wees”

“Goeienaand. My naam is Clarence. Ek sal u kelner vir die aand wees. Sal u solank ietsie drink?”

“Ja dankie. Bring asseblief vir ons die wynlys”

“Hier is dit.”

“’n Lekker rooi wyn Vroukie? Ons het mos iets om te vier”

“Sal lekker wees Lewies”

“Bring asseblief vir ons ‘n bottel Beyerskloof Pinotage”

“Die Beyerskloof is op, Meneer”

“Bring dan ‘n bottel Delheim Shiraz”

“Jammer Meneer, dis ook op.”

“Nou watse wyn het jy Seun?”

“Die bottels wyn is klaar, Meneer. Ons het net bokswyn”

“Nou hoekom de …”

“Lewies, die mense kyk vir jou”

“Watse rooi wyn het jy?”

“Johannisberger, Meneer”

“Is dit al? Het jy nie Drostdyhof of Overmeer of so-iets nie?”

“Nee Meneer. Net Johannisberger”

“Vroukie, kom ons loop. Ons gaan soek ‘n ander eetplek”

“Jammer Meneer. Totsiens Meneer. Kom gerus weer!”

27 thoughts on “Tafel vir Twee”

  1. Dag Lewies. vroeg innie 80’s stap ek in ‘n ‘befaamde’ steakhouse innie ou Hillbrow in saam ‘n vrindin. by die voordeur wag die ronnepens grootsmile eienaar ons in met die menus. en so was die gesprek;hi, how’s your pork spare ribs tonight?- dont know myself, i’m jewish….and the steaks? the rump good?- dont know, i’m a vegetarian….met die reken my vrindinkom ons waai eerder na ‘n plek waar die mense ook hulle eie kos eet! die donner het elk geval te veel goud om sy nek.

  2. Bietjie opleiding, Kelly. Ek dink dis seisoenaal, die restaurante neem ekstra kelners in oor die feestyd en lei hulle nie behoorlik opnie.

  3. Ek gee my nie uit om ‘n wyn connoisseur te wees nie, ek geniet boksplonk as drinkwyn, maar Johannisberger is ‘n bietjie soet na my smaak.

  4. Jip, ‘n plek moet die doos na my smaak hê, anders loop ek.Oom Lewies, mag jy en die mense wat die asem in jou lewe is, oorborrel met vervulde geluk en volkome vrede.

  5. haha, ek sal vandag my voortande verruil vir ‘n boks johburger. Dink mooi voor jy jou neus optrek vir enige suid-afrikaanse wyn ;-)(Ok, ek trek die lyn by tas en crackling)

  6. Hi Prinses, welkom terug!! Tas is nie goeie wyn nie maar dit smaak eerste klas(Ek dink Koos Kombuis was gerook toe hy dit kwytgeraak het!)

  7. ja, is hy nie in elk geval altyd gerook nie? jis, jy verstaan nie hoe lus ek nou is vir johburger rose nie, kry dit nie in my deel van die wereld nie, helaas…geseende kersfees, terloops…

Leave a reply to pasella Cancel reply