- … van die liefde. Laas jaar speel Vroukie Love is Tender toe ek moer strip vir die buurman. Vanjaar is dit ‘n ander storie, in die trant van Tchaikovsky se 1812 Overture, daai een met die baie kanonne. Dit alles omdat ek op die dak klim en deur my 2010 vuvuzela vir Buurman skreeu hy is ‘n poepol toe hy sy geheime cache krekkers uithaal, nadat vrede op aarde reeds neergedaal het. Die bliksem. Toe rig hy sy sky rockets op my toe ek soos Fiddler on the Roof dans om my balans op die nok van die dak te behou. Ek dink egter die groot onenigheid het begin toe ek terug in die huis aanmerkings begin maak het oor Andre Rieu en sy vool. Hy was op TV besig om Vroukie te vermaak met sy vool. Toe sê ek Kurt Darren is net so goed al sing hy sonder sy vool. Toe strip Vroukie se moer. Gelukkig slaap die honde vanaand in die huis as gevolg van Buurman se krekker skietery. Nou is daar meer plek in die hondehok vir my.
- Nog net 364 dae!!
(Letterdash het die syfertjies ingesit–dit beteken fokol)
“al sing hy sonder sy vool.” Is dit ‘n Freudian slip lewies?
Nog nooit Andre Rieu se vool gesien nie, ag ek bedoel, gehoor nie.
Skerp
Lekker knus slaap! En as jy die vooltjies hool, is daar nog net 363 slapies ool.
Is dit ‘n hipotetiese vraag Ouboet? (!)
Kan maar net saam met Ouboet stem!
Mole mole mole!!!
Letterdash help jou die dae aftel.ek het ook vir Andrè Rieu toegelaat om my te behaag.
hehehe! Met daai sagkense streel oor sy vIool?
Dis jammer mens kan nie jou bure kies nie!
Eish.
siestog … nie dat ek weet vir wie om jammer te wees nie
Sonde met die bure. Maar dan dink ek watse soort buurman is ek vir hulle!
More Thomas!
Is maar net so ‘n ligte konsternasietjie hierso!
Hi Eavan! Die dog box loop nie juis oor van luuksheid nie!
dankie Tronkie.Elke bietjie simpatie help!
Hallo Therina!