‘n Paar Krismis fotos
.
Kara die clown
Mia demonstreer die platannaplons
Jislaaik Oupa!! Het jy gesien hé!?
Tja, so sit ek my en troos
Met kiekies van die kroos.
Sal ek julle nog kan oppie as ons mekaar weer sien?
Phedracut Oupa, dis die geheim!
Eina vir daai belly-flop en punte virrie platannaplons!
Ag hoe verlang so Oupa… goed vir die bloeddruk daai foto’s laat mens aan andergoed dink as klappers
Kan sien die kuier was lekker en die verlange nou groot.Hulle is pragtige kindertjies
Hierdie laaste foto’tjie is die mooiste – mens voel sommer die koud en die nat!
om werklik as herinneringe te staaf
Ai ek kan sien iemand het aan die punt van iemand se hart gaan nes-skop.
Wônner hoe voel hulle pinkies nou na Krismis saam met Oupa 🙂
Hi Eavan. En nou is dit tjoepstil hier. So op die laatmiddag Sabbat.
daai plons gee ‘n nuwe betekenis aan “karplaks!!”
Stress relievers!
Dankie Rosiedoring.
ai, die weemoed!
Nou nie dat die koud eintlik pla nie!
Die ensiklopedie van my bestaan.
Stewig Monica, baie stewig!
Na al die swemmery was dit sulke frummelvelletjies!
Hehe, so hulle’t vir Oupa om frummelvelletjies gedraai!
tsk, nou kliek ek!
Dis moer seer as mens dit regkry – is daai laaste foto direk daarna?
Nee, dit was met ‘n ander spelery. Die pensie het geklap,maar daar was soveel luide toejuiging dat sy nie die seer gevoel het nie!
Sê ek ook. En hoekom hulle so ver weg moes gaan weet ek ook nie. Maar gelukkig is hulle nie land-uit nie.
Die laaste foto spreek boekdele!
Ai, die huis is altyd so stil en leeg as die kinders weg is. Jy voel skoon uit jou koers! Oor jou witbroek… Dalk moet jy maar een koop wat ‘n nommer groter is. Ek het juis gehoor dat die nommers nie meer deesdae so lekker is nie. Dalk is ‘n nommer 18 eintlik nou ‘n nommer 16?
GieGieGie – dis verbasend wat mense sal doen vir applous!
Every picture tells a story!
Jy’s reg! Dis hierdie Chinese klere!