“Lewies!”
Dis 6:30. Ek maak reg om werk toe te gaan. Ek sit op die bank in die slaapkamer en maak my skoenveters vas. Hoekom is my arms deesdae so kort? Hoe verder ek rek om die veters by te kom, hoe stywer trek die band tussen my blaaie en hoe korter word my asem.
“Lewies!”
“Ja, Vroukie”, hyg ek aamborstig soos ‘n panfluit.
“Wat is fout? Is jy ok”
“EK weet nie. Ek weet egter ek koop nie weer skoene met veters nie. Dis van nou af slip ons vir my.” Dis ‘n lang uitering. Hier teen die einde raak my wind op. Ek is spyt ek het nie opgehou by “Ek weet nie”
“Dis jou pens wat so groot raak, Lewies. Dis al die lekker eet en drink van die vakansietyd.”
“Lewies!”
“Ja Vroukie?”
“Weet jy wat?”
“Weet ek wat wat Vroukie?”
“Ek is begaafd. “
“Begaafd? Hoe meen jy nou?”
“Ek het altyd so gedink, maar nou weet ek dit”
“Het jy ‘n gesig gesien?”
“Nie heeltemal dit nie, noem dit ‘n helder oomblik, ‘n ligstraal wat deur die wolke breek, ‘n…’n…”
“Ok Vroukie, I catch your drift. Vertel my meer van die begaafdheid”
“Kom kyk”
Sy steek haar hand uit en trek my op van die bank af op.
Sy lei my na die badkamer toe.
“Kyk!”
“Kyk wat?”
“Die toiletpapier”
“Die toiletpapier”
“Ja, die toiletpapier”
“Wat van die toiletpapier?”
“Sien jy die toiletpapier”
“Ja Vroukie. Ek sien die toiletpapier. Wat daarvan? Wat het dit met begaafdheid uit te waai?”
“Jy was mos nou net in die toilet”
“Ek dink so, ja”
“En?”
“En wat, Vroukie?”
“Was daar toiletpapier op die rolletjie toe jy uitkom?”
“Uhmm..”
“Jy sien Lewies, ek het nou so pas tot die besef gekom: ek is die enigste een in die huis wat ‘n leë toiletrolletjie kan omruil. Dink jy nie ook ek is begaafd nie?”
touche!
Sy’s lekker sarkasties.Hartman maak ook so en dit pluk my moer..Wat maak jy toe?Vertel, ek wil leer….; )
Dis hoekom 10a my soms ‘n lui fok noem …
ps – Naand Oom
Eina!
Ek sê maar “Askies Vroukie, sallie weerie Vroukie”
Dis nes die Chinese wat die wit broeke nouer maak! Dis die Geel Komplot waarteen PW ons gewaarsku het, maar ons wou nie lyster nie!
Klink my daai chick laaik jou! Ten minste broodroller sy jou nie!
Hallo Jong Man! Ek is bly jy is terug, en ek vertrou dat jy die vakansie terdeë geniet het!
Ag nee hoe kan so vrou van ‘n man wat sukkel met sy eie veters verwyt oor so ‘n kleinigheid… sy kan bly wees sy hoef nog nie jou watsenaam af te vee nie, want dit lyk die dag kom vinnig nader… *koes* 🙂
ek het mos onlangs geskryf oor ek klaar is met please forgive me!Nou is my attitude: Jy se nie vir my nie!
nie net ‘n begaafdheid om te kan omruil nie, maar ook om ‘n leë raak te sien
Ouch! Maar ek dink sy slaan die spyker op die kop, meeste mans sien die goed NIE raak nie!
:-))
🙂
:-)) Hier by ons is Wederhelf die begaafde een.
Oom Lewies as jy nou net jou voete kan omkrul dat dit soos ‘n leë kakhuisrolletjie lyk, kan vroutjie haar begaafdheid aanwend en jou skoene vir jou aantrek.
Haai Tina, nou laat jy my skoon skuldig voel!
Nou sien jy, ek bevind my in goeie geselskap!
Jissie, vroumense is maar fyn van nerf!Ek hoop jy het die boeldog se matras opgradeer!
Seker daai sesde sintuig-ding!
Miskien is jy reg, dis eers met die voelslag dat ek dit mis!
Dit lyk my die toiletrol, of dan die leë een, kan ‘n bron van kontensie in ‘n huwelik wees. Goeie onderwerp vir ‘n DPhil!
Hi Berwick!
Hi Thomas!
Hy is in touch met sy feminine side!
Hehehe Jan Twak! Lekker praat jy rymwoord!
Dis ‘n instinktiewe vaardigheid Therina, mens kan dit nie aanleer nie!
Ek bemerk ‘n nuwe daadwerklikheid in jou skrywes!
skuus… die was dalk bietjie skerp…
Nope, hy’s net nie lui soos ek as dit by nuwe toiletpapier gaan haal kom nie.
newwermaaind, ek kan dit vat!
More Oom!
Mole mole mole!
Die arm ding lyk my kom maar so met die jare.