Die boeke waaroor ek hier geblog het, het aangekom. Ek wou ‘n foto daarvan plaas, maar dis nou net moers of ek dit kan regkry. Ek kry elke keer ‘n error boodskap. Dus volstaan ek maar om te sê dat ek baie in my skik is daarmee. So ook Vroukie wat Tabernakel en Marita se kookboek tans onder hande het. Ek self lees nog aan Padmaker, nie op die lysie nie, en sal daarna Sneeuslaper nadertrek. Intussen blaai ek so deur die kookboeke. Die aanvallige Nigella Lawson het my egter teleurgestel. Sy is toe nie The Naked Chef nie. Dus kyk ek maar na haar koek en tert.
hahaha!ok…Geluk met die geskenke.
Lekker stout jy… wees nou net versigtig met daardie swak gestel van jou.Geniet die boeke
moes op link teruggaan, was daardie tyd uithuisig.Nog nie te laat om te sê geluk en geniet
Daar is baie mooi dinge(Okay, net twee) aan Nigella… Dis danksy daai twee… ek bedoel, danksy haar dat ek vandag kan koek bak.Ek wens net sy wil leer om eers te sluk en dan te praat.
Babelse verwarring 😉
Slim meisie, onse Nigella, verskriklik aantreklik.Haar pa was mos in ‘n stadium Brittanje se minister van finansies.
hehehehe, einste
Lewies, enige dame met ‘Law’ in haar van en of naam moet ‘aanvallig’ wees ……
Ek het net gou kom groet en voorspoed kom toewens vir 2011 Lewies!xxx
Ha Lou!
Die gestel word darem sterker!
Hallo Ffion, die vinger is ok.
Hi Rosiedoring, dis ‘n lekker geskenk voorwaar!
My belangstelling in kombuissake het ‘n hupstoot gekry!
Ek het haar nog nie op TV gesien nie, maar lyk my ek sal moet loer!
hello Monica!
Vir seker nie aan tafel nie!
‘n Meisie met tietels!
Slim, Pruim!
Ek het jou gemis Tweeling, bly jy is terug!
Ek eas so ‘n rukkie afwesig agv tegniese probleme.
Loer gerus na Nigella op die TV.Sy het geen tafelmaniere nie, dit is vingers lek en lippe klap met ‘n stout glimlag. xR
Is sodat sy aan hoopvolle mans haar boek kan verkoop en aan vrouens ook…anders verloor sy helfte van die mark.
Stout is nie so sleg nie…
Slim!
Lekker kyk Oom Lewies!
Tja! ‘n Man raak ook later moeg gekyk aan koek en tert!
Komaan, jy weet jy kan… jy weet jy wil…