The Alchemist

Ek het vertel van Chopper, die rondloperbrakkie wat ongenooid kom nes skrop het in ons werf en sommer gou-gou ook in ons harte. Die outjie het nou groter geword en alle vrese dat hy ‘n pieperige vlermuishond is die nek ingeslaan. Oorheersend in sy herkoms is Foxterriërbloed. Hy kon ook Plankie geheet het, hy is sommer hier op die straathoek aanmekaar gespyker. Maar die brakkie het een verstommende eienskap, hy het alchemistiese vermoëns. Hy vreet die afvalstukkies houtskool by die braaier en tjorts dan houtskooldrolle teen die ratio 50gm tuisgemaakte houtskool van 5 gm afvalhoutskool.Nou loop ek maar so met die graaf agter hom aan en drie tjortse later is daar genoeg houtskool vir Saterdagaand se braai. Die siklus word dan herhaal, Chopper vreet die afvalstukkies en produseer dan weer houtskool van gehalte. G’n garage houtskool weer vir my nie, en so word my koolstoftred hier op Moeder Aarde ook ligter. 

 

Ek dag toe hierdie magiese vermoë moet verder ondersoek word met die oog op welvaart en verryking. Ek draai ‘n R100-noot in ‘n stukkie steak toe en Chopper vreet te lekker. Maar g’n R100 drolle nie, net so ‘n slapskyt, ek dink die kos was te ryk.

 

Nou ja, laat ek gaan. Daar is ‘n paar prima tjoppies wat wag om gebraai te word.

 

Tjorts!

29 thoughts on “The Alchemist”

  1. Niemand kan julle beskuldig dar julle nie hersirkuleer nie… hehehehe … een van die dae het julle ‘n uitvoerproduk?

  2. Jirre daai brak kán recycle! Ons Wagertjie kots haar aandete op en vreet dit wéér. Geniet haar aandete tweekeer! Ek seg toe vir Ounooi dat ek dit self met roomys gaan probeer – nou slaap ek en Wagtertjie maar saam in die hondehok …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s