Ons Parklandse kinders kuier hier met Mira en Liam, onderskeidelik amper vier en amper twee. Gisteraand wil die ouers gaan Valentyn, en sal Vroukie en die uwe omgee om die twee vir die aand op te pas? :”Natuurlik nie, sal ‘n groot plesier wees!” jubel Vroukie andante cantabile, en ek koor aan die deskant “Maar al te graag,!” con majestuoso arpeggio, of iets in dier opgewonde en afwagtende voege.
Oor die algemeen het die sessie goed verloop, sonder ‘n onvertroosbare gemis van die ouers, selfs die gaan slaap was pynloos. Die woeligheid egter het my op ‘n stadium laat wonder of die Bybelse Sara wat eers op tagtig gevat en gebaar het nie soms terugverlang het na haar bar baarmoeder jare nie.
Vanaand kuier hulle by die ander oupa en ouma, en hier sit ek en Vroukie hoog en droog, opgeskeep met mekaar, terwyl ons terugdink aan die kleintjies se manewales van gisteraand. Nee wat, hulle kan maar weer kom, ons kan hulle handle.
Jip sulke kleintjies hou mens op en wakker. Jy en Vroukie kan tot ‘n aria komponeer!
Ja-nee, as hulle weer weg is sien mens vir enige iets kans…
Dis vir my te wonderlik hoe kleinkinders besef Ouma en Oupa is naby familie, al bly hulle soms ver en sien nie elke dag nie
Ons kroos is al 5 jaar die nes uit – maar ek is nog nie genoeg uitgerus vir kleinkinners nie – gelukkig is daar nog geen nie …
Dit borrel in my as ek jou blogs lees!Jy’s flippen snaaks.:DEk is maar te dankbaar as die ma saans van die werk af kom..daai mannetjie put my uit!
Hulle sit ‘n hup in jou stap…Sara het darem baie slawe gehad, dit help aansienlik
Lekker, wens ek het al kleinkinders gehad!
Klink offie “al te graag” nie geveinsd was nie…:-)
Ek het voorstelle vir jou en vroutjie om die alleen tye te help opkikker. Party goed is soos fietsry, mens vergeet nooit regtig nie, jy moet net weer begin.
Kleinkinders maak die lewe ‘n lied!
mens het nuwe energie.
Sien jy nou, aanhouer wen!
Oupa en oumawees beteken om jou kleinkinders sonder verwyt te bederf!
Dis daai naelstring–hy loop deur geslagte.
Jy meen so ver jy weet is daar nog nie!
Is ook lekker om die kleintjies weer terug te gee in ma se hande!
Vreemd dat so baie ousies Sara heet!
doodstil, grafstil. Nie eens die draadloos help nie.
hulle kom as jy dit die minste verwag!
Ai, daai moedersinstink!
Opreg bedoel!
As mens op my ouderdom afval, kan jy nogal seerkry š
š
Bwhaahaha!