Van ‘n begrafnis, hemelse hoenderpastei en ‘n besoek aan ‘n museum.


 Vrydagmiddag woon ek en Vroukie die begrafnis van die skoonma van ‘n kollega van my by. Die pastoor doen moeite om ‘n bietjie humor in die diens in te werk. Teen die einde van die diens vertel hy dat die oorledene, Tannie Grietjie, alombekend was vir die lekker hoenderpastei en appeltert wat sy gemaak het. Sy vroutjie het eendag uitgevra na die resep, maar die tante het laggend gesê dit sal eers na haar dood bekend word. Hy vra toe die skoondogters of hulle darem die resep het, en toe hulle hartseer maar instemmend knik, gooi hy sy hande in die lug en roep in ekstase uit, soos ‘n NG predikant wat sy eerste duiwel suksesvol uitdryf “Prys die koning—die resep is gered! Ek het gevrees Tannie Grietjie is vort die ewigheid in met die resep!” So hier en daar het iemand gelag en apostolies hande geklap, maar selwers het ek gedink die pastoortjie verkrag die somber en gewyde atmosfeer.


Op pad huis toe sê Vroukie sy het nou al baie gehoor van die museumwinkel wat opgetert is, ek moet bietjie daar stilhou. So snuffel ons deur al die parafernalieë toe een van die personeel daar aankom, iemand wat ek so verlangs ken. Saam stap ons deur die gebou terwyl hy nou te vertelle het van planne om die plek op te kikker. “Hou julle van oudhede?”vra hy en vertel hoe hy ou meubels opkoop en wat hy alles reeds bymekaar gemaak het. “Nee wat,” sê ek gevat, “die oudste voorwerp wat ek het is my vrou” Toe hy nou so lekker lag oor die spitsvondigheid, kyk ek na Vroukie om te sien of sy ook die grappie waardeer. Haar oë blits vuur, maar haar kyk is kil en yskoud, en ek weet: Hierdie gaan ‘n laaang naweek wees.

En dit was.

Advertisements

13 thoughts on “Van ‘n begrafnis, hemelse hoenderpastei en ‘n besoek aan ‘n museum.”

  1. Het nou die storie oor die pastei verskriklik geniet. Het laasweek ook weer teruggelees aan jou blog en gelag dat die trane rol.Dankie vir die ligte oomblikke!xR

  2. Ek sal nooit vergeet toe ‘n pastoor op ‘n vriendin se ma se begrafnis, vir die oom sê hy hoef nie lank te treur oor sy vrou se afsterwe nie. Hy sal hom sommer nog in die week aan ‘n paar ou tannies voorstel, solank hy hulle dan net kan trou ook.’n Grap het altyd sy plek, maar ek dink nie daai pastoor se grappie was baie snaaks nie. Seker maar soos die tannie nie gedink het oom se grappie is baie snaaks nie(Alhoewel ek dink dis skreeusnaaks) hehehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s