Wiener mischung

Verlede week had ek die voorreg om ‘n werkswinkel in Parys on Vaal by te woon–drie dae weg van die werk by ‘n venue op die oewer van die rivier. Ek het nou wel my genoot in die eg gemis, maar hoe groter die gemis, hoe lekkerder die weersiens!  Daarby maak ons gereed om volgende week by die see te gaan kuier, Natal se kant toe. Om die kroon te span is hierie jaar se April die soort van maand waarvan die werksku Lewies hou, amper meer vakansiedae as werksdae! Ai, jammer van 6 April. Die bleddie ANC.

 

By die werkswinkel is ‘n lesing oor energiebesparing aangebied, hoe mens elektrisiteit kan bespaar en herwinning kan toepas. Was maar dieselfde gesang tov energiebesparing, vervang gloeilampe met  energy savers en verduur die pieperige piepiegeel skynsel, bad saam met die buurvrou om die geyser te laat rus, ensovoorts. Wat my toe laat dink aan Skoonpa, ‘n man wat daarvan hou om elektriese toetstelle multifunksioneel aan te wend. So kuier ons ‘n tydjie gelede by hom en Vroukie maak koffie toe ons daar aankom. “Jinne Pa”, wonder sy, “watse soort koffie koop jy deesdae?” Nee wat, dieselle as altyd, sê hy. Maar die koffie het beslis ‘n anderste smaak, dalk die Mokakka water van Kroonstad?

 

Later spoel Vroukie die ketel uit om van al die kalk en Mokakka ontslae te raak. Onder in die ketel vind sy ‘n vreemde voorwerp, wat by nadere ondersoek en veel twyfel ‘n swartgekookte Vienna blyk te wees, oorblyfsel van ‘n brekfis for one minus Vienna wat in die ketel agter gebly het. Wiener mischung, dink ek so by myself.

 

 

 

(Moqaka is die naam van die munisipalieit wat oa Kroonstad insluit. ‘n Tyd gelede was daar ‘n groot ophef oor rioolstorting in die water, pure drol innie drinkwater situasie)

 

 

 

 

Advertisements

Oud en jonk.

nn Paar kiekies van toe Mira en Liam hier gekuier het.

Howzit? Liam en Chopper maak kennis.

Lekker chicken, nê Oupa! Mira dreig met die waterkanon.

(By hook or by crook het die foto gedupliseer) 

So saam met Vroukie se verjaarsdag verlede week was Skoonpa ook hier by ons vir ‘n besoek aan die oogspesialis. Hy is gepla met gloukoom en het die sig in een oog verloor, nou waak ons maar oor die ander een. Op ouderdom 89 het hy nou las van makulêre degenerasie, wat onverwgas ontwikkel het en die sig in die oorblywende oog erg aangetas het. Hy het ‘n inspuiting in die oog gekry en moet vir nog twee kom. Ons hoop en vertrou dat sy sig nie verder sal versleg nie, want dit sal hom sy relatiewe onafhanklikheid kos.

Lekker verjaar Liewe Vroukie!

Vroukie het gister verjaar. Sy is so ‘n jaar of wat jonger as ek, en ek is weer so ‘n jaar of wat ouer as sy. Ek kyk haar gister so diep in haar oë, my hart verteder as ek dink aan al die jare wat ons saam is, aan al die goeie ding wat ons beleef het. Ek sê dit vir haar. Ek sê ook: “Vroukie, weet jy wat?” Nee, sy weet nie wat nie,  sê sy. “Wat?” “Ek het nog nooit by ‘n senior burger geslaap nie”. Tja, dit lyk ook nie of ek gaan nie.

Hierie Vrydag…

…het ek nie laat gekom by die werk nie, trouens ek het nie werk toe gegaan nie. Me Influenza het my paartie ge-gate crash, hier opgedaag met ‘n suitcase vol hoofpyn, rou hoesbuie, bloederige snotuitwerpsels, branderige oë, jeukende ore, asemrowende niesbuie. En daarby voel ek nog kak ook. Ek dous haar met Linctagon en Echincea en Vit C, die ander apteekpreparate laat my nog kakker voel. Tot dusver geniet sy die aandag, sit oopketel hier in my borskas en kielie my alveoli. Dus sit ek maar in die huis gehul in ‘n floers van selfbejammering, met Pamela en Chopper wat hul ouwaas se teenwoordigheid by die huis gate uit geniet. Niks buitekant lê vir die twee vandag nie. Daar is genesende kragte in die interaksie met diere, sê hulle, maar die bleddie Chopper poep so stink mens kan dit bemark vir chemiese oorlogvoering. Ek dink hy moet herdoop word tot Ghaddafi. Seker ‘n newe-effek van sy houtskoolvervaardigende vermoëns. 

 

Nou gaan ek eers bietjie skuins lê, dalk sal Morpheus ook tot die stryd toetree om Me Infuenza uit te boender.


Lewies skud sy vere reg

???

 

 

Net na Nuwejaar 2011.

 

“Middag oom Lewies! Wat maak dat jy nou juis ‘n biokinetikus kom besoek?”

 

“Jong, ek voel die is my laaste kans om iets aan die gebeente te doen, anders gaan ek nie ou bene maak nie”

 

“Wat kwel? Wat is fout?”

 

“Die ou liggaam is stram en stroef. Voel of ek alle soepelheid verloor het. As ek soggens uit die kooi klim klink dit soos Rice Krispies in koue melk, klap, knetter en kraak. As ek by die werk uit die kar klim moet ek so hang aan die kosyn van die kar se deur, so met altwee hande, om my uit te lig, en as ek uit is steier ek eers  twee, drie tree kop – onderstebo soos ‘n Kalahari Boesman wat ‘n bok bekruip. Stram, man, stram sê ek jou.”

 

Sy druk hier tussen die blaaie, voel-voel aan die skof “Ja nee, die spiere is kliphard saamgebondel, tipies van iemand wat heeldag voor die rekenaar sit”

 

“Toe ek met die bleddie goed begin werk het, kon ek nie eers kompoeter spel nie, en nou werk ek hom asof ottermaties. Heeldag. Nine to five, en oortyd ook.”

 

“Hier is ook ‘n spasma in die lae rug. Ek sal ‘n reeks strek en versterkoefeninge voorskryf wat die spiere sal laat ontspan en verslap.”

 

“Jong, die problem is net hier in die rug. Laer af is alle ok. Niks te slap of te styf nie”

 

“Hoe meen oom Lewies nou? Oom moet meer spesifiek wees, anders kan ek nie die regte oefeninge voorskryf nie” Verbeel ek my of is daar ‘n guitigheid op haar gesig.

 

“Moet nou nie stuitig wees nie, jy weet mos wat ek meen.”

 

“Nee Oom, ek weet nie, maar ek kan raai”

 

Ek haat dit as die jong meisies sê “Nee Oom”

 

“Kyk né, toe ek op skool Biologie gehad het het ons geleer van die gewillige en die ongewillige spiere. Ek wil nou nie hê ‘n gewillige spier moet ongewillig word nie, verstaan jy”

 

“Ek verstaan Oom, maar oefening is goed vir alle spiere, gewillig of ongewillig. Kom kry die program more”

 

So twee, drie weke later, vroegerig op ‘n Vrydagoggend.

 

“Vroukie!! Kom kyk net hier!”

 

“Wassit Lewies? Is jy ok?”

 

“Honkie dorrie! Kyk net hier!”

 

“Kyk wat? Al wat ek sien is jy wat daar in jou gaterige onderbroek staan”

 

“Nee man, kyk my tone”

 

“Wat van jou tone?”

 

“Ek kan hulle sien”

 

“Nou wat daarvan? Ek kan ook jou tone sien”

 

“Ek kan hulle van hier af sien”

 

“O, jy meen jy kan jou tone sien so oor jou pens se boep”

 

“Haai, wees bietjie meer simpatiek. Buik is ‘n mooi eufemisme vir pens. Maar ja, net so, ek kan my tone sien.”

 

“Lewies?”

 

Bespeur ek ‘n skalksheid in haar stemtoon?

 

“Ja Vroukie, wassit?”

 

“Wat sien jy nog?”

 

“Hoe meen jy nou?”

 

“Is dit net jou tone wat jy sien? Is dit al?”

 

Inderdaad. Beslis meer as net ‘n skalksheid.

 

“Weet jy, dalk moet jy die saak verder ondersoek.”

 

En toe is ek laat vir werk.