Lewies skud sy vere reg

???

 

 

Net na Nuwejaar 2011.

 

“Middag oom Lewies! Wat maak dat jy nou juis ‘n biokinetikus kom besoek?”

 

“Jong, ek voel die is my laaste kans om iets aan die gebeente te doen, anders gaan ek nie ou bene maak nie”

 

“Wat kwel? Wat is fout?”

 

“Die ou liggaam is stram en stroef. Voel of ek alle soepelheid verloor het. As ek soggens uit die kooi klim klink dit soos Rice Krispies in koue melk, klap, knetter en kraak. As ek by die werk uit die kar klim moet ek so hang aan die kosyn van die kar se deur, so met altwee hande, om my uit te lig, en as ek uit is steier ek eers  twee, drie tree kop – onderstebo soos ‘n Kalahari Boesman wat ‘n bok bekruip. Stram, man, stram sê ek jou.”

 

Sy druk hier tussen die blaaie, voel-voel aan die skof “Ja nee, die spiere is kliphard saamgebondel, tipies van iemand wat heeldag voor die rekenaar sit”

 

“Toe ek met die bleddie goed begin werk het, kon ek nie eers kompoeter spel nie, en nou werk ek hom asof ottermaties. Heeldag. Nine to five, en oortyd ook.”

 

“Hier is ook ‘n spasma in die lae rug. Ek sal ‘n reeks strek en versterkoefeninge voorskryf wat die spiere sal laat ontspan en verslap.”

 

“Jong, die problem is net hier in die rug. Laer af is alle ok. Niks te slap of te styf nie”

 

“Hoe meen oom Lewies nou? Oom moet meer spesifiek wees, anders kan ek nie die regte oefeninge voorskryf nie” Verbeel ek my of is daar ‘n guitigheid op haar gesig.

 

“Moet nou nie stuitig wees nie, jy weet mos wat ek meen.”

 

“Nee Oom, ek weet nie, maar ek kan raai”

 

Ek haat dit as die jong meisies sê “Nee Oom”

 

“Kyk né, toe ek op skool Biologie gehad het het ons geleer van die gewillige en die ongewillige spiere. Ek wil nou nie hê ‘n gewillige spier moet ongewillig word nie, verstaan jy”

 

“Ek verstaan Oom, maar oefening is goed vir alle spiere, gewillig of ongewillig. Kom kry die program more”

 

So twee, drie weke later, vroegerig op ‘n Vrydagoggend.

 

“Vroukie!! Kom kyk net hier!”

 

“Wassit Lewies? Is jy ok?”

 

“Honkie dorrie! Kyk net hier!”

 

“Kyk wat? Al wat ek sien is jy wat daar in jou gaterige onderbroek staan”

 

“Nee man, kyk my tone”

 

“Wat van jou tone?”

 

“Ek kan hulle sien”

 

“Nou wat daarvan? Ek kan ook jou tone sien”

 

“Ek kan hulle van hier af sien”

 

“O, jy meen jy kan jou tone sien so oor jou pens se boep”

 

“Haai, wees bietjie meer simpatiek. Buik is ‘n mooi eufemisme vir pens. Maar ja, net so, ek kan my tone sien.”

 

“Lewies?”

 

Bespeur ek ‘n skalksheid in haar stemtoon?

 

“Ja Vroukie, wassit?”

 

“Wat sien jy nog?”

 

“Hoe meen jy nou?”

 

“Is dit net jou tone wat jy sien? Is dit al?”

 

Inderdaad. Beslis meer as net ‘n skalksheid.

 

“Weet jy, dalk moet jy die saak verder ondersoek.”

 

En toe is ek laat vir werk.

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

30 thoughts on “Lewies skud sy vere reg”

  1. Eish lewies, dis amper nuwejaar 2012, as ons die profesiee gaan oorleef. Mooi aand, of dit wat daarvan oor is.

  2. Ek is verheug om te lees Oom Lewies kom nog laat vir werk, van tyd tot tyd. Dti het so ERNSTIG beginne klink hier op hierdie blog…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s