…het ek nie laat gekom by die werk nie, trouens ek het nie werk toe gegaan nie. Me Influenza het my paartie ge-gate crash, hier opgedaag met ‘n suitcase vol hoofpyn, rou hoesbuie, bloederige snotuitwerpsels, branderige oë, jeukende ore, asemrowende niesbuie. En daarby voel ek nog kak ook. Ek dous haar met Linctagon en Echincea en Vit C, die ander apteekpreparate laat my nog kakker voel. Tot dusver geniet sy die aandag, sit oopketel hier in my borskas en kielie my alveoli. Dus sit ek maar in die huis gehul in ‘n floers van selfbejammering, met Pamela en Chopper wat hul ouwaas se teenwoordigheid by die huis gate uit geniet. Niks buitekant lê vir die twee vandag nie. Daar is genesende kragte in die interaksie met diere, sê hulle, maar die bleddie Chopper poep so stink mens kan dit bemark vir chemiese oorlogvoering. Ek dink hy moet herdoop word tot Ghaddafi. Seker ‘n newe-effek van sy houtskoolvervaardigende vermoëns.
Nou gaan ek eers bietjie skuins lê, dalk sal Morpheus ook tot die stryd toetree om Me Infuenza uit te boender.
Ek hoop jy word sommer gou gesond!
ZINC! Sinkpille
Jis en ‘n hond se poep hang mos so in die lug…hy verflou nie.
dankie, goeie wense en simpatie is al wat nou sal help!
Vir Me Influenza of vir Chopper?
Hehehe! ‘n Onheilige chemie daai!
Vir jou! Werk soos ‘n bom!
Beterskap!
Ek onthou nou kleintyd het my pa my altyd Zinc pain specific gevoer, bleddie sleg gewees.
dankie, ek dink ek kort ‘n bar lunch!
Ervaring het al gewys dat die madam haar tyd vat voordat sy weer vertrek.
Ag hel dissie lekker nie – sterkte daar!
Ag nee net sodra ek dink die ou gestelletjie is nou bietjie beter dan kry ons ‘n terugslag. Hou die borsie warm en kry baie liefde by Mammie, al wat werk.Sterkte
Overstaying her welcome, soos hulle sê
dankie Henry.
Nee sjit, gestelletjie of te not, die een het my bekruip.
Hoendersop?
Vandag dr toe, lyk nie of ek vanself gaan regkom nie.
Griep in die warm weer in Potjiestorm? Dis mos ongehoord!
Ja fok, kan jy dit glo. (Ek bly in Klerksdorp, maar die keuselys op Letterdash maak nie vir onse dorp voorsiening nie)
Sterkte Lewies. Hoop jy voel gou beter!
Dankie Joanna.
is djy al okei?
So reg soos ‘n roer, dankie Pruim!
Hoop jy voel al beter.
heelwat, die pype hyg nie meer so aamborstig nie!
Haai Lewies, jammer om van die siekte te hoor. Na aanleiding van die vorige pos, hoop ek jy is, vir vroukie se part, weer “bruikbaar”.xR
Hehehe! Sal moet uitvind!