Vroukie het gister verjaar. Sy is so ‘n jaar of wat jonger as ek, en ek is weer so ‘n jaar of wat ouer as sy. Ek kyk haar gister so diep in haar oë, my hart verteder as ek dink aan al die jare wat ons saam is, aan al die goeie ding wat ons beleef het. Ek sê dit vir haar. Ek sê ook: “Vroukie, weet jy wat?” Nee, sy weet nie wat nie, sê sy. “Wat?” “Ek het nog nooit by ‘n senior burger geslaap nie”. Tja, dit lyk ook nie of ek gaan nie.
alleenslaap jongman!en geluk aan die wederhelf.
Veels geluk met vroukie se verjaarsdag lewies. Hug haar lekker en se ons stuur gelukwensing en groete.
hehehe julle tweekies entertain my altyd π
Baie geluk… hulle beweer mens moet die slaapding elke dag aanroer anders vergeet hulle
Dierbaar, lewies – soos altyd.Sorry oor die “nog nie”tsk…:D
Senior burger watwou???
LOL ken jy en Hubby mekaar? sy noem naam vir my is ook Vroukie … HEHEHEHEHEEk se vir my mede naam genoot geluk met haar verjaarsdag gister…
Gooi daar ‘n hartlike geluk na haar lkant toe!jou bek maak dat jy al te maklik in die moeilikheid kom – jy moet hom maar toeplak
Maar as ek dit nou reg het, almal wat na 1950 gebore is se verwagte ouderdom is 120 jaar, so senior burger begin dan eers by 80 of eintlik 100, dan nie?
Geluk.
Baie geluk Lewies se vroukie. Julle is cute! Ek sΓͺ ook ek is nie ‘n ouma nie, ek slaap net met ‘n oupa π
Sy’s jou een voor. Sy slaap al vir ‘n jaar of wat by ‘n senior burger.