nn Paar kiekies van toe Mira en Liam hier gekuier het.
Howzit? Liam en Chopper maak kennis.
Lekker chicken, nê Oupa! Mira dreig met die waterkanon.
(By hook or by crook het die foto gedupliseer)
So saam met Vroukie se verjaarsdag verlede week was Skoonpa ook hier by ons vir ‘n besoek aan die oogspesialis. Hy is gepla met gloukoom en het die sig in een oog verloor, nou waak ons maar oor die ander een. Op ouderdom 89 het hy nou las van makulêre degenerasie, wat onverwgas ontwikkel het en die sig in die oorblywende oog erg aangetas het. Hy het ‘n inspuiting in die oog gekry en moet vir nog twee kom. Ons hoop en vertrou dat sy sig nie verder sal versleg nie, want dit sal hom sy relatiewe onafhanklikheid kos.
Waar kom die mooi kleinkinders vandaan? Seker Vroukie se gene.
Hi Ouboet, seker maar ‘n verdwaalde geen van ‘n oupa/ouma van wie ons nie meer bewus is nie. Die uwe se nalatenskap is nie fisies nie sigbaar nie, hallelujah.
Myne ook nie. Well done.
Pragtig, Lewies.
Dankie Ouma Lou, ek kan mos nie lat jy alleen spog nie!
Ons mis jou
ek kannie wag vir my beurt nie – gelukkige donner – hulle het nog nie selfone nie
mens voel jy kry ‘n tweede kans om die eerste fokoppe te vermy.
Nice foties vannie kinners!
Ha!Jy meen jy kry kans om te sien hoe daar dieselle fokoppe deur anner gemaak word!