Oor ditjies en datjies, van die os op die jas en die tiet op die tepel.

My langerige afwesigheid hier op die blogs is te danke aan ‘n week vakansie wat ek en Vroukie daar by die see in Umhlanga deurgebring het. Lekker weer gehad, lekker gesee en geswem, gemall en gefliek (Black Swan en True Grit), geëet en gedrink (matig!)en gelees (Landskap met Diere en Willem Poprok).

Gewoonlik vat ons die pad deur die Vrystaat, oor Kroonstad om gou dag te sê vir Skoonpa en dan oor Bethlehem en die Oliviershoekpas. Daai pad was gewees. Dus besluit ons om oor Parys, Sasol, Heilbron en Frankfort te ry en dan by Villiers by die N3 aan te sluit. Ons dag ons ry vroegoggend deur die kosmoslandskappe, stop êrens om brandstof in te neem en te piepie en eet dan ons padkosbroodjies, vars kaasrolletjies met ham, mozzarella, dun skyfies komkommer en ‘n smeersel mosterd. Twee onvoorsiene en onverwagte gebeure versuur egter die idilliese vooruitsig. Ten eerste is die pad netso faktap soos die een wat ons wil vermy, met baie en lang ry en stoppe, en g’n aanvaarbare plek om die broodjie te eet nie. Gevolglik, toe ons nou begin hongerig uitsien na ‘n snack, knibbel ons die broodjie so in die ry, en hier spring ontnugtering nommer twee soos ‘n plattelandse spietkop met ‘n wit handskoen voor ons op: Vroukie het skaars die eerste hap gevat of sy voel iets in haar mond, wat by nadere ondersoek ‘n moerse groot stuk glas blyk te wees. Nou ja, die ontdekking het ons aptyt nogal gedemp en die ander broodjies is baie versigtig geëet. (Checkers broodjies).

Een dag ry ons Durban toe om te sien hoe lyk die stomping ground van ons jong jare se kuiers daar. Ek kon nie glo daai eens vibrant plek lyk nou so nie. Op die strandfront is daar wel pogings tot instandhouding en opgradering, maar net om die hoek in Weststraat is die verval en agteruitgang baie duidelik. Teen ‘n muur lê ‘n swart man, slapend of uitgepass (of sterwend dalk?) ‘n Polisieman wat daar verby loop gee die ou ‘n stewige skop in die ribbes, en toe hy swetsend omrol, stap die polisieman tevrede verder, ten minste is die ou nie dood nie en spring hy ‘n helse lot admin vry.

Op pad terug na die kar stop ‘n ander ou ‘n traktaatjie/pamfletterige papier in my hand. Die kruks van die ellelange stuk is dat die wêreld op 21 Mei 2011 sal vergaan. Repent, the end is naai!

Terug by die huis vind ons met dankkbaarheid huis, haard en honde behoue, danksy buurman Nic se pligsgetroue toesig en opsig, en Abel die tuinman se handewerk.

En nou is dit alles net ‘n aangename herinnering, wat veral teen die einde van die maand as die kredietkaartrekening kom, weer in die gedagtes herleef sal word: Angelo’s Restaurant, Cinema Nouveau, Exclusive Books, Woolies, Spar, Umhlanga Liquors (O gaats!).

 

 

22 thoughts on “Oor ditjies en datjies, van die os op die jas en die tiet op die tepel.”

  1. Seker vernuwe, en met nuwe moed vir wat voorlê. Wens ek kon jou gewaarsku het oor die plattelandse paaie, sommige lewensgevaarlik, hou liewer ver weg en bly eerder op die hoof roetes.

  2. Seker vernuwe, en met nuwe moed vir wat voorlê. Wens ek kon jou gewaarsku het oor die plattelandse paaie, sommige lewensgevaarlik, hou liewer ver weg en bly eerder op die hoof roetes.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s