Oor ‘n trol, Marie biskits en Paasfees.

‘n Geloofwaardige kolleg vertel vandag hierdie storie wat sy by ‘n vriendin gehoor het wat dit weer by’n ander vriendin gehoor het.

Vir die waarheid. Die heilige waarheid. Cross my heart soort van.

 

Die vriendin het ‘n vriendin wat ‘n Down sindroom seun het, hy is nou al ‘n groot kêrel, ook fisiek groot gebou. Hy bly in ‘n tuinwoonstel in hul erf, met eie toegang na die straat.

 

Die aand toe almal al ter ruste is, bel die seun sy ma. Sy moet kom kyk, hy het ‘n trol gevang. Sy ken sy verbeeldingsvlugte en is reeds half aan die slaap. Sy sal more kom kyk, beloof sy. Later bel hy weer. Die trol is honger, hoe nou gemaak. Gee hom koekies en melk, trolle hou daarvan, is Ma se raad. Veral Marie biskits sal deug.

 

Vroeg die volgende oggend, nog voor die hadidas begin skel, bel die outjie weer. Sy ma moet nou na die trol kom kyk, die trol begin nou moeilik raak. Ter wille van die vrede staan sy toe maar op, trek haar Woollies slippers en haar kamerjas aan en stap na die seun se woonstel. Hy maak die deur op ‘n kiertjie oop, net sy neus steek uit toe hy met haar praat.Hy is bang die trol ontsnap, hy hou juis die deur gesluit en die sleutel in sy sak om te verhinder dat die trol wegkom. Sy glip vinnig die woonstel binne en hy druk die deur agter haar toe. En hier voor haar staan die trol, ‘n dwerg, ‘n kort mens, netjies geklee maar effens verkreukeld. Hy is ‘n Jehovah getuie, en hier kort voor Paasfees deur tot deur hulle om almal na hule kerk se Nagmaalsfees te nooi. Toe klop hy aan die verkeerde deur, en die jong man gryp hom vas en pluk hom die woonstel in waar hy die hele nag moes deurbring. Boonop wou die jong man hom nie met rus laat nie, en het hom die hele nag uitgevra oor sy lewe as ‘n trol, waar hy bly, wat hy eet, watter speletjies hy speel, waar is trol maatjies? En kan hy nou asseblief verskoon word, hy is uitgeput, en sy mede Jehovas is nou al seker baie bekommerd oor hom.

29 thoughts on “Oor ‘n trol, Marie biskits en Paasfees.”

  1. moral of the story – marie biscuits is verslawend.tjag, die hemelkind het seker lekker gespeel met die trol, dalk het die ou jehova slafie na die nag jesus liefde verstaan

  2. nou het ek gelagggg. vokkkkkk, al wat ek kan dink is ‘vat so!’. elke ‘trol’ kry sy dag, ‘n Jehova ‘n hele nag!

  3. Briljante storie. Ek het hierdie laasweek by die plaas van die selfoon af vir die hele familie gelees, en ons het die hele naweek gegiggel daaroor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s