Toe hulle by die mylpaal langs die pad kom, gaan hulle staan. Hulle draai om en kyk terug na die pad wat hulle gevolg het, van daar ver waar dit in ‘n groen lentewoud begin, hoe die bome gaandeweg ryp-groen word in ‘n somerskleed. Die pad is mooi, slegs enkele knikke, geen afdraai-of kruispaaie nie. Twee groot olyfbome staan langs die pad, met vier klein olyfboomspruite daarnaas.
Die man en die vrou kyk na mekaar, en draai dan om na die pad vorentoe. Die blare van die bome begin herfserig verkleur, die pad raak deinserig, asof ‘n miswolk tussen die bome dwarrel. Ver vorentoe staan twee Januspopuliere, kille winterskelette in die mistigheid. Die sig is bedrieglik, is die bome nader as wat dit lyk?
Soos uit een mond sê hulle vir mekaar “Kom”. Hy steek sy hand uit na haar, haar greep is sterk en ferm. Hul tred is vas, sonder weifeling. Op die mylsteen is uitgebeitel: 38, en daaronder, 21 April 1973.
sewe sakke sout – geluk
Veels geluk lewies.
GELUK!Jy is amazing en Vroutjie ook.
Baie geluk Sterkte vir die volgende 38!
ai lewies! Dis ‘n lang pad. mooi man!
Veels geluk! Inderdaad ‘n mylpaal, ek en Die Voskop is so twee jaar agter julle.
skooooooooooooote-petoooors-geluk
Jissie, dis GREAT! Baie geluk!