‘n Lewwetrie en die komende Huisgenootskouspel in Technicolor.

In my vorige bloginskrywing het ek vertel van die lang en lekker pad wat ek en Vroukie saamgeloop het sedert ons op 21 April 1973 in die heilige eg verbind is. Baie dankie aan almal wat gelukwensende kommentaar gelewer het. Ja, ons het die Paasnaweek gekies sodat ons ‘n lekker lang honeymoon kon geniet. En ons het. Trouens, ek vermoed dis daar waar my geneigdheid tot laatkommery by die werk sy beslag gekry het!

So dink ek aan die komende huweliksbevestiging van die britse royalty. Fok, net toe die sprokieshuwelik van die jong prins se britse vaar en moerder, die gehoer en gerumoer van hul bedenklike huwelikslewe, die kluitklap op haar kis, die ou prins se ongebreidelde liefde vir ’n anner merrie, ja net toe al hierdie Huisgenoottreffers in die vergetelheid begin versink, slaan hierdie nuwe sprokiesfenomeen in Hollywoodse Technicolor en Widescreen soos ‘n griepepidemie in die winter uit. Ek glo Huisgenoot se redaksie jubel “Hallelujah! Prys die prins van groot- brittanje! Nou kan ons die volk weer voer!”

Ek lees egter dat die britse vorstehuis ‘n bedenklikheid koester oor die jonge dame se proletariese opvoeding. Sy kom naamlik uit ‘n ouerhuis waar die gesinslede ‘n lewwetrie ‘n toilet noem en nie ‘n lewwetrie soos dit in koninklike geselskap hoort nie. Sweerlik omdat sy waarskynlik nie die voorreg had om in Latyn onderrig te word nie, dan sou sy mos geweet het ‘n lewwetrie is “lavatorium” in daai antieke taal, letterlik ‘n plek waar jy jou was. (Sy sou ook geweet het dat as sy ‘n Corgi-brak Caesar wil noem, jy Caesar Caesar spel en nie Ceasar nie)

En nou le die langnaweek stuiptrekkend voor my. Daar moet nog ‘n paar gesiggies ingeboet word vandag, ‘n paar kleiner joppies in en om die huis wag. Die regpak van die garage wag ook, maar hy kan maar wag!

 

 

 

 

 

Advertisements

11 thoughts on “‘n Lewwetrie en die komende Huisgenootskouspel in Technicolor.”

  1. Ag ten minste is die troue ding goeie nuus en dit troos bietjie die siel na al die misdaad en hartseer in die wêreld rondom ons

  2. Al hoekom Huisgenoot smile, is omdat daar soveel mense is wat daai stuk tydsskrif gaan koop….geld , gekd , geld…dis hulle ding.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s