Karwagte!

Waar vervies ‘n karwag homself vandag liederlooslik vir my! Hy staan hier by Checkers, en bied sy dienste aan. Nee dis reg, sê ek, altyd bereid om werkskepping aan te moedig. Die ou het ‘n oogklap oor die een oog, lyk soos ‘n Boere-seerower. Ek en Vroukie vaar Checkers in en koop wat gekoop moet word vir die naweek. Toe ons weer by die kar kom, staan die mannetjie daar, paraat, as’t ware op aandag, sy een oog pligsgetrou op ons kar.Toe gee ek hom R20, en sy oog begin spring. “Dankie, Meester” sê hy “mense gee my gewoonlik nie soveel nie.” “Nee wag eers” antwoord ek” jy moet my R10 kleingeld gee, jy doen halwe werk, jy het mos net een oog.”

Seerower se voet! Die mannetjie vloek soos ‘n matroos!

27 thoughts on “Karwagte!”

  1. HahahahahaHier is so tannie wat met ‘n loopraam loop en geld bedel in die parkeer area. Tipiese ou tannie, sagte stem, hartseer gesiggie… Ek het regtig nie geld by my gehad nie. Sy het my nie geglo nie. Met die omdraai om weg te loop hoor ek toe sy ken liewe Jesus BAIE goed. Nie eens die pastoor uit my laaste kerk het in sy Nagmaal gebed die Here op so baie name geroep nie.

  2. Ja nee, kyk met toe oë kan mens nie deur SA politiek gaan nie, daar gebeur te veel wat die oë lrek, bv Groot Kokkedoor Sisulu.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s