My liefielekker my lekkerlief
Jy’t toenterjaar my hart gedief
My allerlief my hart se wens
My lewensmaat my andermens
Toe ek jou sien toe weet ek klaar
Ons tesaam ‘n lewenspaar
Hiervandaan tot anderjaar!
Die troumars, en daarna
Twee spruite maak jou ma
Jy het “Ek is honger Ma!
Ek wil piepie Ma!
Waar’s my skoene Ma!”
Met liefde versorg en verdra
In jou nageslag is ingebrand
Die stempel van jou moedersband
Prima piekfyn pure ma!
En vir al die blogma’s-‘n gelukkige Moedersdag! Mag julle bederf word deur die vrugte van jul lendene!
‘n Goeie vrou is vêr bo korale…
Kyk net hoe lekkerGeniet die dag
Pragtig lewies. Geniet julle samesyn.
Jy is so flippen dierbaar!
Nice! Julle moet lekker feesvier!
net so Thomas.
Dankie Tina, ons het!
Dankie Ouboet.
Dankie Tronkie!
Dankie Ouma Lou!
Dankie Henry, was ‘n lekker dag!
Hoop jy had ‘n lekker Moedersdag!
dag of aldan naaaand Lewies…..
Gegroet Pruim, mater oor die water!