Nelson slaap saam

Vanoggend vroeg.

“Biedeldiebiep!Boedeldieboep!Biepbiepboepboep!!”

Die hoetertjie van die elektroniese wekker op my bedkassie groet die oggenstond met vermakerige vrolikheid. Ek vee die slaap uit my oë en die kwyl van my ken af. Goeie more Suid-Afrika!! ‘n Nuwe dag lê en wink, ryp om gepluk te word! Carpe diem!

Langs my snork Vroukie liggies en musikaal, so op die deuntjie van ‘n FAK liedjie, dalk Afrikaners is Plesierig, nie die Karen Zoid weergawe nie, eerder soos op ‘n CSV kamp by Mazelspoort. Ek skud haar liggies.

“Opstaantyd, Vroukie”

Sy draai om. “Murf”, prewel sy. “Brhmm.”

“En ‘n goeie more vir jou ook! Het jy lekker geslaap?”

Sy lig haar kop effens.

“Brrff wzzh zhx”

“Wat sê jy Vroukie?”

“Ek sê, ja, ek het lekker geslaap, dankie, Behalwe vir die helfte van die nag wat jy my in ‘n Nelson beetgehad het.”

“Ai Vroukie man, askies, maar dis vir my baie lekker om so styf by jou te lê”

“Hoe meen jy nou Lewies? Dis opstaantyd. Ons moet gaan werk. Dis nie nou tyd vir vrypraatjies nie.”

“Jissie Vroukie. Ek meen net dis lekker as ek jou stryf teen my kan vashou.”

“Jy meen soos in ‘n Nelson?”
“Ja, net so”

“So?”, demonstreer sy.

“Ja, net so”

En toe kom ek weer laat by die werk.

 

Advertisements

33 thoughts on “Nelson slaap saam”

  1. Lewies, dis winter. Jy sal moet plan sien met ‘n elektriese kombers of iets. Jy kan nie elke dag laat wees nie.

  2. hiehiehie – henetjie tog Lewies!Ek het ‘n vermoede dat jy die baas is daar waar jy werk en dat flexityd jou toekom.:D

  3. Daar is niks so lekker as om laat vir werk te kom nie. Kyk net om jou na die “ek wens dit was ek’ wat agter kamtige verwyt gesigte weggesteek word. Dit verskaf mens matelose innerlike genot.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s