Die kuns om die regte knoppie te druk

Vanoggend vroegerig se kant.

“Jis Lewies, jy weet, ek kan nie glo ons het al die jare gesukkel met die staal garagedeure nie. Dis soveel makliker en geriefliker met die elektriese deure”

“Was ‘n moerske uitgawe, maar die moeite werd. Dis net jammer die knoppies op die remote is so sensitief. Soms as ek die remote in my sak bêre druk ek per ongeluk die knoppie, dan gaan die deur oop sonder dat ek daarvan weet. As mens nie daarop let nie kan die deur die hele nag oopstaan”

“Jy maar net fyn oplet en seker maak jy druk die regte knoppie, Lewis”

“Vroukie…”

“Wassit Lewies?”

“Sê my bietjie, druk ek jou regte knoppie?”

“Hoe meen jy nou?”

“Jy weet mos, dink jy ek .. jy weet..?”

“Jy meen of jy my regte knoppie druk?” Daar is ‘n twienkel in haar oë.

“Ja, dis hy, net so”

“Ek weet nie jong, jy sal maar moet druk dat ek kan sien”

Ek dink dit was die regte een.

En ek werk nie Saterdae nie!

(Ek wonder nou oor die geraaptes–druk hulle ook knoppies?)

21 thoughts on “Die kuns om die regte knoppie te druk”

  1. Dis iets wat enige man baie goed moet kan doen, knoppies druk, selfs al is dit stikdonker….

  2. ==== http://www.voguecatch.comtop Nike air Jordan shoes33$,Air Force 1 33$, Nike dunks SB shoe,Nike Shox shoe. Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel HandbagNike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $35Handbags(Coach lv fendi d&g) $35Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $13Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $15New era cap $16==== http://www.voguecatch.com ======== http://www.voguecatch.com ======== http://www.voguecatch.com ====Bikini (Ed hardy,polo) $18

  3. Ja nee, lewies, jy weet net hoe om haar knoppies reg te druk – mooi so!(Ek sien jy’s gewild onder die adverteerders vandag)

  4. Laat my dink aan die storietjie van Jan en Sannie wat die aand nà fliek langs die pad stilhou.Na ‘n rukkie sê Jan:”Sjoe, maar dis donker. Ek kan nie eens my hand sien nie.””Maar ek kan jou sê waar hy is!” kap Sannie vinnig terug.:-)

  5. So in die stratosfeer op die oomblik. Hoop jy is ook op pad terug, die blogs is maar valerig sonder jou inskrywings!

  6. My pa het daai selfde probleem met sleutel in die sak dan gaan die deur oop. Nou dra hy die remote om sy nek aan een van daai bandjies – ek weet tog nie wat jy dit noem nie – maar die probleem is op ‘n end.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s