Ons twee oudste kleinkinders verjaar hierdie maand-Kara word 8 op 11 Junie en Mia word 6 op 25 Junie. Dus gaan daar ‘n pakkie Kaap toe, Stanford toe, daar in die Overberg. In daai pakkie is vir elkeen ‘n Woollies toppie (bietjie riskant, want die twee chickies is nogal kieskeurig in hul kleresmaak), twee boeke , van Vroukie se kant ‘n vrugtestafie, van oupa Lewies tjoklits, paartie maskers, verjaarsdag kersies, neute en hotel badskuim en sepies. Ook vir die twee saam DVDs, Tangled en Liewe Lulu, oorgedub van hul ma se video uit die tagtigerjare.
Vir die ma ‘n tydskrif, ‘n outydse bottel vol tjoklits, ‘n getjipte ennemelbak, ‘n ennemel melkbeker gestop met pesto en olywe, die nuutste uitgawe van die koerant van die dorp waar die pa en ma grootgeword het, en vir die pa (en ma) ‘n klein botteltjie Jakkals en Bolf.
En natuurlik baie liefde.
Goeie verskeidenheid vir almal!Wat van ‘n vinnige afvlieg, dan kan julle dit self gee? Of nee, die pakkie sal te groot wees vir die vliegtuig.; )
Ek wil ook jou kleinkind wees!
Dis nie lekker as hul so ver is nie.
omtrent ‘n kruiwavrag vol
Hoop die pakkie was nie laat afgelewer by die poskantoor vir die gewone Vrydag-redes nie 🙂 xR
Hoop die pakkie was nie laat afgelewer by die poskantoor vir die gewone Vrydag-redes nie 🙂 xR
Dis nou ‘n reuse lucky packet………iets vir almal. Wyse ouma en oupa!
Lekker!
As ons kon, was ons daar!
Ek dink jy is ‘n lekker ouma vir daai krulkoppie!
darem is hulle nog hier te lande, al is dit daar doer in die Kaap.
Dis die een lekker ding van ouer word!
Die bymekaarmaak is pure plesier!
En na Vrydag is dit maandag met sy babbelaas, nou verstaan ek van snail mail!
Lekker om hulle te bederf!
‘n Oupa en ouma se voorreg!
Nice!
Hi Henry!
Will jy my aanneem? 😉
Hehehe! As jy nog nie ‘n ouma is nie, is ek seker jy sal ‘n lekker een wees!
bye the way, is jy nie my pleeg-ouer nie? hehehehe
Dalk broers, drinkebroers!
Klink vir my na ‘n wonderlike geskenk pakkie…veral die getjipte ennemalbak en melkbeker!!
…en vir my!! LOL!
Shabby chic!