‘n Skisofreniese diskoers oor Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom, William Webb Ellis en ‘n moontlike ontheemding.

“Nou wat dink jy is ons kanse in die rugby wêreldbeker? Dink jy ons het ‘n kans?”

“Sjit, ek weet nie. Na nou die aand se geploeter tussen die Bulls en die Stormers weet ek wragtig nie. As dit ons topspanne is…”

“Dis miskien nou tyd vir ‘n nuwe aanslag, plan C. Stampkar en high kick and charge werk nie meer nie”

“Ek herrit! Ek herrit! Eufokkenreka ek herrit”!

“Ek weet—die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom…”

“…aangepas om voordelig benut te word in die spel van rugby!”

“Netso!! Bingfuckingo!”

“Kyk né, in die wedstryd tussen die Cheetahs en die Bulls het die Ingelse kommentator gedurig verwys na een van die Bulls se heelagterste spelers wat so blitsig ekselleryt. Na een so ‘n eksellerysjin wys hulle ‘n nabyskoot van sy gesig op die groot skerm. Toe sien ek twee dinge…”

“Een: daai verwilderde verwondering in sy oë: hy is stomgeslaan, hy het nie ‘n koekin kloe van wat nou gebeur het nie..”

“Netso, en nommer twee, daai oopmond gaap vir wind…”

“Dis mos ‘n kliniese eienskap van…”

“Die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom!”

(Vir die onkundige leser: ook bekend as ‘n kort rugvel)

“Sien jy, as hy sy mond oopmaak, gaan die onderste opening mos toe, want die rugvel, die dorsale derma, is te kort dat altwee openinge gelyktydig oopbly ,”

“En dan bou hy drukking op …’

… wat onderlangs ontsnap as hy sy mond toemaak, so word hy dan as’t ware voortgestu deur die ontsnappende lugstroom…”

“…en siedaar, eksellerysjin soos min! Jet aangedrewe!”

“As die mooi Afrikaans vir ‘jet’ spuitvliegtuig is, kan mens seker sê daai rugbyspeler is spuitpoepaangedrewe!”

“Dink nou net, as jy vyftien rugbyspelers het met die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom—hulle sal die opponenete mos dronk hardloop”

“G’n aanvallende kanale en verdedigingslinies van die teestanders sal werk nie..”

“… want daai vyftien hol kruis en dwars en hier kiep-kiep woerts deur ‘n gaping”

“Goeie plan, ek moet dit vir ou Pieter vertel, ons eer is op die spel”

“Kan egter lol in die skrums. Die agtal sal meer woema hê, maar die arme slotte!”

“Miskien kan mens iets doen om die spuitpoepgedrewenheid te beheer”

“Hulle moet leer om die pinkster te beheer”

“Jy meen sfinkter”

“Sê mos, spinkster”

“Dat so ‘n brein nou moet vrot”

“Dalk nie. Sê nou hy word gereinkarneer”

“Dink jy mens kan terug in tyd gereinkarneer word?”

“Soos terug in die tyd van Mao Tse Tung en die menseslagtings van daai tyd in China?”

“Sjit, net my luck. Ek kan nie ‘n dooie word Chinees praat nie”

“Wee’jy, hulle sê daai kinders is so slim, skaars twee jaar oud of hulle praat al Chinees”

“Ek het nie tyd vir nonsiespraat nie. Ek gaan nou die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom Google. Ek moet vir ou Pieter help.”

 

 

 

 

20 thoughts on “‘n Skisofreniese diskoers oor Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom, William Webb Ellis en ‘n moontlike ontheemding.”

  1. Gelukkig is jannewarie die aanslaner die in die oefengroep nie.Die 7 of 8ste beste haker in SA is weer die kaptein.

  2. Dink net, ‘n Blue Bulls Hakaka! Met die rug na die vyand, sing hulle met goot oopgerekte bek Liefling, en as hulle daarna almal tegelyk bek toemaak, is die vyand diep in die hakaka. Poef! Stryd gewonne. Ouvers-kedouvers. Trek die ketting.

  3. ‘n stywe jockstrap sal die knaters ook beknop wat die pressure net ‘n aks hoër stel vir die spring in die lynstane en afskop. die jockstrap sal ook die vloeibare gas binne die gaskamer hou vir wankel ontbranding – GO RX2 GO

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s