Is Oom ‘n pensioenaris Oom?

Ek koop gister so ‘n stukkie vleis vir ‘n kerrie bredie, is mos lekker koud en kerrie en sjerrie sit die koue koud. ‘n Stukkie chuck, so anderhalf kilo, teen omtrent R55 per kilo as ek reg onthou, maw so ampertjies R80 vir die pakkie vleis. Maar is ok, ons rek hom met aartappels en wortels en ertjies en stampkoring tot more toe

“Is Oom ‘n pensioenaris, Oom?” vra die blokmannetjie nuuskierig.

Ek is nou al gewoond dat al wat leef en beef my “Oom”, trouens meer mense sê vir my “Oom” as wat ek vir ander mense “Oom” en “Antie” sê. En hulle word al hoe ouer. Maar “pensioenaris” is ‘n nuwe een.

Moedswillig lieg ek “Ja, ‘n pensioenaris. Ek is met spensioen”

Met gulhartige uitgelatenheid verklaar hy:

“Dan kry Oom afslag!” so asof hy die Lotto wenner aankondig.

Gaaf, dink ek. Die slagter se belydenisskrif buite op die sypaadjie “Ek het Jesus lief!” is eerlik. Hy gee Christelik om vir sy medemens.

“En hoeveel afslag gee julle vir pensionarisse? Vyf, tien persent?”

” ‘n Rand Oom”  sê hy met ‘n Vader Teresa genoegdoening.

“‘n Rand?”

“Ja Oom”, “vir elke kilo vleis wat jy koop gee ons ‘n volle Rand af, maar net vir pensionarisse”

“‘n Rand per kilo?”

“Ja Oom”, ‘n uitdrukking van welsyn op sy gelaat.

“Met ander woorde, as ek varklonge koop teen R20 ‘n kilo kry ek meer afslag as wanneer ek fillet steak koop teen R100 per kilo.”

“Nee, oom, dit bly nog steeds ‘n Rand”

“En nou het ek ‘n kilo en ‘n half gekoop, dan moet jy my mos R1, 50 afslag gee.”

“Nee Oom, dit moet eers ‘n vol kilo wees.”

Ek sit die pakkie vleis neer en draai om.

“En nou Oom? Is die vleis te duur?”

“Nee, dis net te blerrie moeilik om gewoond te raak aan my status as pensioenaris!”

Advertisements

34 thoughts on “Is Oom ‘n pensioenaris Oom?”

  1. Haha na die afslag, se vir hom “dankie!! Nou kan ek sommer aftree ook!!”Ek gee nie om as hulle vir se “oom” nie, solank dit nie “nee oom” is nie!!

  2. moes nou die dag inligting aan beampte verskaf en na die tyd die uitgedrukte dokument teken nadat ek seker is die inligting is korrek ingevul.My beroep: Pensioenaris! en sy’t my nie eers daardei vraag gevra nie!

  3. in die verlengde dae wat jy nou looponthou mens die oues wat jou gemaak hetek was al op 19 ‘n pensionaris(ongeskikte militêere pensioen)eenkeer toe ek my geldjie by die poskantoor gaan trekvra ‘n ou tannieen nou seunie hoe pensioen jy dansalusa 45 antiemoerig dat iemand my ‘n pensionaris noemso ou lewies, ek ken daai feeling

  4. Haha. Soos myse moeder op stemdag: sy haat dit as mens die woord “oud” voor haar noem. Maar toe hulle haar daai dag so in die middel van die elle lange tou mense uithaal omdat “ou mense” eerste kans kry om te stem, was sy ‘n baie gelukkige ou mens.

  5. Dit het my ook oorgekom, gemengde gevoelens, bly dat ek nie in die tou hoef te staan nie maar darem ook verleë om ten aanskoue van die toustaners special treatment te kry op grond van my ouderdom!

  6. eet moet mens eet, en gewoond raak aan die jare wat aanstap moet ek gewoond raak. Toe tel ek maar weer die pakkie op!

  7. Hallo Oom! Dis nog OK as ‘n blokman mens dit noem maar my brose ou egotjie kan dit nie hanteer wanneer ‘n aanvallige jong dametjie my sò aanspreek nie!:-)

  8. Weet hoe dit voel. Wynruit het nou die dag met donker wolk om sy kop hier aangekom. Toe ek hom uitvra, se hy dat hulle hom ook ‘n pensioenaris afslag wou gee wat hy geweier het.xR

  9. Weet hoe dit voel. Wynruit het nou die dag met donker wolk om sy kop hier aangekom. Toe ek hom uitvra, se hy dat hulle hom ook ‘n pensioenaris afslag wou gee wat hy geweier het.xR

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s