One lovely blog award

Ek het die eer aan Roosmaryn te danke. Dis egter terselfdertyd ‘n uitdaging om slegs vyf bloggers te benoem, en boonop te hoop dat hulle nie reeds benoem is nie.

Sewe dinge omtrent myself:

1 Ek is uit en uit ‘n regterbreinmens

2 Ek is verstrooid tot op ‘n punt waar ek vir myself gatvol word.

3 Ek is toetentaal rigtingbefok.

3 Ek staan aan die einde van my loopbaan, my oë waterig gerig op aftrede. 

4 Ek is ‘n Frankofiel (nee, dis nie iemand wat lelike goed met Frankfurters doen nie!) , naas die bokke is Les Blues my gunsteling rugbyspan.

5 Ek hou nie van Afrikaanse musiek nie, met enkele rare uitsonderings, en Chris Chameleon is nie een van daai uitsonderings nie.

6 Ek hou daarvan om soms alleen te wees.

7 Ek het twee honde, hulle lê graag hier by my voete as ek voor die rekenaar sit. Een van hulle het so pas gepoep, en ek dink as ek daai poep kan bottel kan ek dit bemark as ‘n anti-terroriste wapen. Maar dis my luck, my geldmaakplanne is nie haalbaar nie!

Ek benoem die volgende bloggers omdat ek hul blogs om verskillende redes geniet.

1 Elsa

2 Maryke

3 Flip

4 Wynvlieg

5 Joanna

Daar’s hy! Die taak is met plesierigheid volbring!

16 thoughts on “One lovely blog award”

  1. Ek het ‘n vermoede dat ek NOOIT gaan ophou werk nie. Na die jaar nog so 2, dink ek. As ek dit gaan uithou tot dan.Ek hou ook nie van Afr musiek nie!

  2. 2 en 5 deel ekke met jou.stem staam – dis nie fair dat daar net 5 boggers gekies mag word nie

  3. Gousblommetjie, ‘n vrou kan nooit lewies se nommer 3 ding doen nie. die huishouding gaan oral saam met jou

  4. Ek dink die werk gaan maar altyd met mens wees, al het jy opgehou. Jissie, ek gaan die vakansiedae mis!

  5. Hoe lekker het ek nou gelag vir daai laaste een! Dink jy dis omdat ons regterbrein is dat ons nie rigting kan kry nie? Ek het ‘n Garmin present gekry vir my verjaarsdag ‘n paar jaar gelede, en dit het my vleuels gegee! Nou kan ek enige stad aanpak. Dis net wanneer ek uit ‘n winkelsentrum gestap kom dat ek nog verdwaal.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s